Ryan, Johan red met kolf in Baai

2012-02-09 22:27

Heino Kuhn van die Titans onderweg na sy 128. Hy het onder meer 17 viere en ’n ses gemoker in die wedstryd op SuperSport-park in Centurion. Foto: Gallo Images

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

PORT ELIZABETH. – Johan van der Wath (79, 8x4, 4x6) en Ryan McLaren (74*, 10x4, 1x6) moes sake gister hier op die eerste dag van die SuperSport-krieketwedstryd vir die Knights teen die War­riors red.

Danksy dié twee kon die Knights in hul eerste beurt by 240 lopies uitkom.

Met die telling op 103/7 was die besoekers kniediep in die moeilikheid voordat McLaren en Van der Wath met ’n stewige vennootskap van 138 lopies vasgeskop het.

Boeta Dippenaar, wat in sy laaste wedstryd vir die Knights speel nadat hy sy uittrede bekend gemaak het, het ’n nulletjie behaal.

Die Warriors sal vanoggend op die tweede dag hul eerste beurt met die telling op 79/2 hervat.

Die Knights was op 22/3 in die knyp toe die naatbouler Gurshwin Rabie in sy buiging vir die Warriors in ’n verwoestende luim was.

Rabie sou later ook Aubrey Swanepoel se paaltjie neem om met 4/69 te eindig

Christo Buchner berig uit Centurion honderdtalle deur Faf du Plessis (157, 263 minute, 162 balle, 15x4, 4x6) en Heino Kuhn (128, 234 m, 143 b, 17x4, 1x6) het die Titans op SuperSport-park in ’n lopiefees in beheer van sake geplaas.

Die Titans het teen die Dolphins ’n allemintige 473/9 (beurt gesluit) gemoker in 88.1 boulbeurte teen 5.4 lopies per beurt.

Met hierdie kragvertoning met die kolf het hulle 7.46 kolf-bonuspunte verwerf om hul neus in die wedloop om die SuperSport-trofee voor die Cape Cobras te kry.

In die kwartier wat die Dolphins voor uitskeityd gekolf het, het hulle boonop twee paaltjies (5/2) verloor.

Toe die nuwe Dolphins-afrigter, Lance Klusener, gisteroggend sy spanlys vir die tellinghouers gee, het hy glo erken hy ken nie die voorname van twee van sy boulers, Brandon Scullard en Dane Paterson, nie.

Hy het hulle geïdentifiseer as Patrick Paterson en Dave Scullard. Hy wil seker nou nog nie hulle name ken nie, want albei was deel van ’n baie flou boulaanval, wat na alle uithoeke van die veld geslaan is.

Om sake te vererger is hul suksesvolste bouler, Mthokozise Shezi (3/56), ná net 13 beurte verbied om verder te boul omdat hy in sy deurvolg herhaaldelik op die gevaarsone van die kolfblad gehardloop het.

Die drie ander voorslag-boulers, Scullard, Paterson en Imran Tahir, het almal meer as 100 lopies afgestaan.

In die eerste sessie is 121 lopies geslaan, in die middagskof 163 en in die laaste skof nóg 189.

• Die Lions se Alviro Petersen (93, 198 m, 155 b, 11x4, 1x6) en Gulam Bodi (73, 256 m, 167 b, 10x4, 1x6) het gister ’n klip in die Cobras se pad gerol op die eerste dag van die wedstryd op die Wanderers in Johannesburg, skryf Altus Momberg.

Hulle het ’n vennootskap van 131 lopies om die tweede paaltjie gedeel om die dag in die Lions se guns (228/4) te beklink.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.