McLaren slaan laat toe; VS verniel Boland

2012-01-27 22:21

BLOEMFONTEIN. – Neil Mc­Ken­zie (73) en Zander de Bruyn (92) was gister op die Wanderers in die SuperSport-krieketstryd teen die Knights tot die Lions se redding.

Ryan McLaren (3/61) het die skaal egter ewewig laat herwin toe hy net voor uitskeityd toegeslaan het.

Die Lions sal hul eerste beurt op 243/7, in ’n feitlik soortgelyke posisie as waarin die Knights was, voortsit.

Vroeër het Werner Coetsee in sy eerste meerdagwedstryd vir die Knights sy goeie seisoen met die kolf teen sy voormalige spanmaats voortgesit. Sy 78* het die Knights gehelp om 338 in hul eerste beurt te kry nadat hulle op 250/7 voortgekolf het.

Johan van der Wath (3/72) het die Lions op 52/4 aan die steier gehad waarna die ervare McKenzie en De Bruyn met 162 lopies om die vyfde paaltjie vasgeskop het.

Malusi Siboto (1/23) het die vennootskap verbreek deur McKenzie been voor paaltjie te betrap.

De Bruyn was ’n keer of wat gelukkig met balle wat voor die glipveldwerkers grondgevat het. Hy het sy 28ste honderdtal misgeloop toe hy deur die paaltjiewagter Morné van Wyk uitgevang is.

McLaren het met die volgende bal ook die paaltjie van Cliffe Dea­con (0) gekry.

)Die voormalige Bolander Henry Davids het gister die Cape Cobras op sy ou veld verinneweer in hul wedstryd teen die Titans in die Paarl, berig Altus Momberg.

Davids, eintlik ’n kolwer, was met 5/22 die groot angel toe die Titans die Kapenaars tot 165 in hul tweede beurt beperk het.

Die Titans benodig – op 17/2 in hul tweede beurt – nog 141 om te wen.

)In Durban is die Warriors op 179/7 steeds 142 lopies agter die Dolphins se eerste beurt van 321.

)Die Vrystaat het Boland op die tweede dag van hul amateurwedstryd gister hier met ’n beurt en 43 lopies geklop.

Shadley van Schalkwyk (46*) en Duanne Olivier (63) het die tuisspan aan die einde gehelp om 272 in sy eerste beurt te kry.

Boland is ná sy 105 op die eerste dag vir 124 in sy tweede beurt uitgeknikker.

)In Kimberley kan Griekwas ook vandag met KwaZulu-Natal klaarspeel.

Die besoekers sal die laaste dag op 33/4 met ’n agterstand van nog 379 hervat.

Griekwas het hul tweede beurt danksy die kaptein Adrian McLaren (134) op 285/8 verklaar wat KZN met ’n aanvanklike teiken van 412 gelaat het.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.