Marsh gepos, Haddin kry rus

2012-01-30 21:44
Peter Forrest

Nuwe bloed. Peter Forrest se puik vertonings in Australië se t20-liga het hom ’n plek in die nasionale eendaggroep besorg vir ’n driehoekige kitsreeks tuis. Foto: Getty Images

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

SYDNEY. – Die sukkelende kolwer Shaun Marsh is uit Australië se eendag-krieketgroep gelaat en die paaltjiewagter Brad Haddin kry ’n ruskans.

Die Aussies gaan van die naweek in ’n driehoekige eendag­reeks tuis met Indië en Sri Lanka meeding. Australië behoort vol selfvertroue te wees nadat hy in die toetsreeks teen Indië met 4-0 skoonskip gemaak het.

Die 28-jarige Marsh was egter in die toetsreeks van die min Australiërs wat gesukkel het.

Hy het net 17 lopies aangeteken toe hy ná ’n rugbesering weer in die span opgeneem is.

Daar was vroeër reeds sterk sprake dat hy uit die toetsspan gelaat sou word.

“Marsh is natuurlik teleurgesteld met sy peil van die laaste paar weke. Hy is uit die span, maar ons hou hom nog in gedagte vir die toekoms terwyl hy vir sy provinsiale span in aksie sal wees,” het die nasionale keurder John Inverarity gesê.

“Soos hulle sê, gehalte is permanent, maar jou peil is tydelik.”

Volgens Inverarity word Haddin ’n ruskans gegun omdat hy ’n swaar werklas in die toetse gehad het.

“Die werklas vir ’n paaltjiewagter-kolwer in toetse is uiters straf. ’n Ruskans sal hom verfris vir die komende internasionale verpligtinge. Deur Haddin te laat rus, gee dit ons boonop ook ’n kans om op dié vlak te kyk na Matt Wade, wat vir hom sal instaan,” het Inverarity gesê.

Die nuweling Peter Forrest is in die groep nadat hy in die plaaslike t20-liga en in die reeks om die Sheffieldskild stewige vertonings gelewer het.

Die snelbouler Brett Lee sal deel van die boulaanval uitmaak. Ryan Harris en Xavier Doherty tel ook onder die boulers.

Omdat Haddin rus en Shane Watson nog beseer is, het Australië nie ’n onderkaptein vir die eerste drie wedstryde aangewys nie. Die eerste wedstryd van die reeks is Sondag in Melbourne, tussen Australië en Indië.

)Australië se groep is: Michael Clarke (k), Dan Christian, Xavier Doherty, Peter Forrest, Ryan Harris, David Hussey, Mike Hussey, Brett Lee, Mitchell Marsh, Clint McKay, Ricky Ponting, Mitchell Starc, Matthew Wade, David Warner. – Sapa-AFP

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.