Kumar, Mahela laat Indiërs verder les opsê

2010-07-27 22:23

Johannesburg - Sri Lanka staan op die rand van ’n oortuigende reekssege oor Indië nadat Kumar Sangakkara en Mahela Jayawardene dié krieketspan se lopiefees gister, op die tweede dag van die tweede toets in Colombo, voortgesit het.

Danksy hul vennootskap van 193 lopies om die derde paaltjie, kon die tuisspan sy eerste beurt op ’n tamaai 642/4 sluit.

Indië was teen die uitskeityd op 95/0, steeds 348 lopies duskant ’n vernederende opvolgbeurt – iets wat hy nie kon afweer nie in sy loesing met 10 paaltjies in verlede week se eerste toets in Galle.

Sangakkara (219 lopies, 335 balle, 29x4) en Jayawardene (174, 244 b, 20x4, 1x6) het die besoekers se flenter-boulers verder afgemaai nadat hulle die beurt gisteroggend op 312/2 hervat het.

Dié twee hou ook die rekord vir die grootste toetsvennootskap tot nog toe – 624 wat hulle vier jaar gelede op die einste veld van die Sinhalese-sportklub teen Suid-Afrika opgestapel het.

Die Sri Lankaanse kaptein het sy sewende dubbele honderdtal kort voor die middagete behaal.

Hy is nou, ná die legendariese Don Bradman met 12 en Brian­ Lara se 9, die kolwer wat die meeste keer nog die 200-kerf kon verbysteek.

Sy marathon-beurt van langer as sewe uur is uiteindelik beëindig toe hy op glip deur Rahul Dravid uitgevang is van die boulwerk van die deeltydse draaier Virender Sehwag (1/71).

Jayawardene het Harbhajan Singh (1/147) se eerste slagoffer in die reeks van drie toetse geword, maar eers nadat hy en Thilan Samaraweera (76*, 121 b, 8x4) ’n verdere 176 lopies om die vierde paaltjie gemoker het.

Sy tiende honderdtal op die SSC is nou ook die meeste deur ’n kolwer op dieselfde veld, nadat hy gister die einste Bradman se nege op die MCG in Melbourne verbygesteek het.

Vir Indië was Sehwag sy aanvallende self.

Hy sal vanoggend op 64* (63 b, 12x4) voortkolf saam met ’n veel meer waaksame en versigtiger Murali Vijay (22*, 50 b, 4x4).

- Volksblad

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 22-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-29°C A few showers. Morning clouds. Warm.
Jhb: 17-27°C Showery. Partly sunny. Mild. Bloem: 17-28°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Figo 1.4 TDCi Ambiente Dsl 5-dr
2011
R 115,995.00

CHEVROLET

Corsa 1.4 Base Utility MY10 PU
2011
R 115,995.00

HYUNDAI

Sonata Vivante GLS 2.5
2005
R 159,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.