Kiwi’s lek lippe af vir SA ná hul Zim verniel

2012-01-30 21:44

NAPIER. – Die Nieu-Seelandse boulers lek hul lippe af vir die stryd teen Suid-Afrika nadat hulle Zimbabwe hier aan flarde geboul het.

Die Black Caps het in die kriekettoets op McLean Park 495/7 aangeteken waarna die toerspan vir net 51 en 143 uitgehaal is.

Veral Chris Martin het rede om breëbors te wees ná die Kiwi’s se rekordsege. Hulle het met ’n beurt en 301 lopies gewen. Dié toetsspesialis is vir sy wedstrydontleding van 8/31 (2/5 en 6/26) as die Speler van die Wedstryd aangewys.

Sy ontleding van 6/26 in Zimbabwe se opvolgbeurt was dié veteraan se beste tot nog toe.

Die einste Martin het met Suid-Afrika se vorige toer Gary Kirsten se 100ste toets met sy goeie swaaiboulwerk bederf.

Hy het 11 paaltjies in die tweede toets teen Suid-Afrika ingeoes. Die Kiwi’s het met 9 paaltjies op Eden Park in Auckland geseëvier en dié naatbouler se 18 paaltjies was die meeste in 2004 se toetsreeks.

Die Proteas se toer begin op 17 Februarie vanjaar met drie blits- en drie kitswedstryde waarna die eerste van drie toetse op 7 Maart in Dunedin, op die universiteitsveld, begin.

Martin glo hulle is op koers hoewel Jacques Kallis en sy mede-kolwers nie sommer hul paaltjies op ’n skinkbord sal prysgee nie. “Ons het met die laaste twee toetse gewys ons kan (meeding). En ons kan nog beter word,” het Martin ná die toets teen Zimbabwe gesê.

Volgens hom het hulle het die spreekwoordelike vierde paaltjie aan die wegkant goed aangeval en dat die glipveldwerkers hulle uitstekend van hul taak gekwyt het. “Ek dink nie ek het al ’n beter vangskoot gesien as dié een van Dean Brownlie waarmee hy van Regis Chakabva ontslae geraak het nie.”

Altesaam 13 van die 20 paaltjies was te danke aan vangskote agter die paaltjies. Brownlie het 5 daarvan benut.

Doug Bracewell, wat nege paaltjies in die toets in Hobart teen die Aussies platgetrek het, het weer sy kant gebring met vyf paaltjies. Suid-Afrika sal ook met Trent Boult en Tim Southee, asook die ervare draaier Dan Vettori te doen kry.

Martin, wat sy 37ste verjaardag met die geskiedkundige wegsege oor die Aussies gevier het, praat nog nie van uittree nie. Hy het met sy agt paaltjies teen Zimbabwe Chris Cairns se 218 toetsslagoffers geëwenaar. – Fairfax NZ News, Sportredaksie

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.