Johan kan steeds in IPL speel

2010-03-09 22:06

BLOEMFONTEIN - Die Diamond Eagles se Johan van der Wath kan hom binnekort aansluit by die “rebelle” wat ná die opskorting van hul kontrakte met die Indiese Krieketliga (ICL) intussen kontrakte met die Indiese Premierliga (IPL) gesluit het.

Van der Wath, wat in die Proteas se vergrote groep vir die komende Twintig20-Wêreldbekertoernooi op die Wes-Indiese Eilande is, kan betrek word by die skatryk Indiese Premierliga (IPL).

Hoewel dié voormalige Proteas-naatbouler nie met die IPL-veiling in Ja­nuarie ’n bod op hom kon verenig nie, is daar ’n moontlikheid dat hy vanweë beserings ook gekontrakteer gaan word.

Die derde weergawe van dié blitstoernooi begin Vrydag.

Die 32-jarige Van der Wath kan in die plek van die beseerde Kiwi Jacob Oram vir die Chennai Super Kings gaan speel.

Nog ’n Suid-Afrikaner, Justin Kemp, speel ook vir dié span.

Kemp en die Nieu-Seelander Shane Bond (Kolkata Knight Riders) speel vanjaar in die IPL nadat hulle vir die Hyderabad Heroes en die Delhi Giants in die ICL gespeel het.

Van der Wath het ná die opskorting van sy ICL-kontrak met die Mumbai Champs die afgelope seisoen weer vir die Eagles gespeel.

Hy gaan ook nie na Northamptonshire terugkeer nie. Van der Wath sê meer as een van die IPL-spanne kyk in sy rigting en hy verwag om binnekort van hulle te hoor.

Die Eagles moet reeds in hul oorblywende twee SuperSport-wedstryde sonder Dillon du Preez en Ryan McLaren klaarkom.

Hulle is reeds in Indië waar hulle onderskeidelik vir die Bangalore Royal Challengers en Mumbai Indians in die IPL speel.

Ná die onlangse reekse tussen Suid-Afrika en Indië, sal Indië se boulkonsultant, Eric Simons, en die Proteas se Wayne Parnell nou ’n kleedkamer deel.

Simons is die Delhi Daredevils se nuwe hulpafrigter en Parnell speel vanjaar vir dié franchise in die IPL.
 

- Volksblad

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 22-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-29°C A few showers. Morning clouds. Warm.
Jhb: 17-27°C Showery. Partly sunny. Mild. Bloem: 17-28°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MITSUBISHI

PAJERO 2.8 TDi
1998
R 90,800.00

VOLKSWAGEN

Polo 2.0 Highline 5-dr MY05
2006
R 119,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2004
R 94,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.