Engelse glips laat SA glimlag

2012-01-29 21:31
Saeed Ajmal

Saeed Ajmal

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

JOHANNESBURG. – Die Suid-Afrikaanse krieketspan is binne bereik van die nommereen-plek op die wêreldtoetsranglys ná Engeland se skoknederlaag in die tweede toets teen Pakistan in Aboe Dhabi.

Die Engelse is eergister vir ’n rekord-lae 72 uitgeknikker op soek na ’n karige wenteiken van 145 nadat hulle hul laaste 5 paaltjies vir net 4 lopies verloor het.

Dié glips het boonop aan die Engelse hul eerste reeks­nederlaag sedert 2009 besorg nadat hulle ook die eerste toets in Doebai teen alle verwagtinge in met 10 paaltjies verloor het.

Die Pakistanse draaiers Saeed Ajmal (3/22) en Abdur Rehman (6/25) het saam nege van die kolwers laat terugstap, met nét Andrew Strauss (32) en Matt Prior (18) wat dubbelsyfers kon behaal.

Dié telling is die besoekers se swakste tot nog toe teen Pakistan en net die tweede keer in die geskiedenis dat Engeland nie by ’n teiken van minder as 150 kon uitkom nie.

Sou die Engelse segeloos bly in die laaste toets, wat Vrydag in Doebai begin, en die Proteas maak met 3-0 skoonskip in hul komende reeks teen Nieu-Seeland, sal Graeme Smith se span die Engelse op die Internasionale Krieketraad (IKR) se amptelike toetsranglys onttroon.

“Dis moeilik om te dink aan ’n pynliker nederlaag in my loopbaan,” het Strauss, die Engelse kaptein, gister aan cricinfo.com gesê.

“Ons het feitlik álles reg gedoen, maar kon nie die laaste spyker in hul (Pakistan se) doodskis kap nie.”

Volgens hom was dié Engeland se “beste kans in baie jare” om ’n sege op die subkontinent te behaal – iets wat dié span reeds vir meer as ’n dekade lank ontwyk.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.