Boeta sit sy beenskutte ’n laaste keer aan

2012-02-08 22:20

Vaarwel ou grote. Die kolwer Boeta Dippenaar was jarelank ’n lojale kryger vir Vrystaat- en Knights-krieket. Foto: Gallo Images

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

BLOEMFONTEIN. – As ’n sportster te lank vasklou, kan die goeie vergete gaan.

Boeta Dippenaar het daarom besluit die tydsberekening is reg om sy uittrede as ’n krieketspeler aan te kondig.

Die 34-jarige Dippenaar speel van vandag af in Port Elizabeth in ’n SuperSport-wedstryd teen die Warriors die laaste keer amptelik vir die Knights.

Hy beplan om elke oomblik in die Baai te geniet, hopelik goeie lopies te behaal en sal dit as ’n droomeinde beskou as sy span met die SuperSport-titel kan terugkeer.

“Daar is ’n tyd en plek vir alles in die lewe. Ek het ’n wonderlike krieketloopbaan gehad en my tyd ten volle geniet,” sê Dippenaar.

“Ek voel dit is tyd om aan te beweeg. My lewe is groter as net krieket alleen en ander aspekte in my lewe het begin belangrik raak.”

Sy stem sal in die toekoms dikwels as kommentator op SuperSport gehoor word en hy sal sy termyn as president van die Suid-Afrikaanse Krieketspelersvereniging oor die volgende 12 maande eerbiedig.

Hy kan later in sy loopbaan betrokke raak om kolwers op verskillende vlakke op ’n individuele grondslag te help, maar beskou homself nie as ’n afrigter nie.

“Ek sal nooit net totaal kan wegbreek van krieket nie. Krieket is ’n weerspieëling van die lewe – waar jy soms stampe en stote moet verduur.

“Dít het my geleer om te fokus op die suksesse om sodoende vinnig ná stampe te kan opstaan.”

As hy die horlosie kon terugdraai, sou hy sekere dinge in sy krieketloopbaan anders gedoen het.

“Ek sou nie so intens oor my krieket gewees het nie. Ek het soms te styf vasgehou en te hard probeer.

“Ongelukkig het ek te laat in my loopbaan besef dat krieket soms net ’n spel is.”

)Van die hoogtepunte in sy loopbaan sluit in:

* Toe hy op nommer drie vir die Proteas in ’n Welwillendheidsdag-toets teen Australië op ’n volgepakte MCG voor ongeveer 70 000 mense uitgestap het om die boulwerk van Glen McGrath en Brett Lee te trotseer.

McGrath is die beste bouler waarteen hy sy paaltjies ooit moes beskerm en sê die Cape Cobras se Vernon Philander is kort op die Aussie se hakke. “Hulle laat jou heeltemal te veel na die bal vroeg in jou beurt speel,” skerts Dippenaar.

* Hy kry steeds hoendervleis as hy terugdink toe hy voor 2003 se Wêreldbeker-toernooi uitgestap het om sy land te verteenwoordig.

* Hansie Cronjé is die beste kaptein onder wie hy gespeel het. “Ek was ’n kaptein met beperkinge, maar Hansie was ’n gebore leier – ek het nog nie weer só ’n kaptein teëgekom nie.”

* Die ondersteuning wat hy by sy vrou Charleen en ouers (Frank en Alet) gekry het, was ’n verdere hoogtepunt.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.