Swart armbande by Argus gedra

2010-03-10 11:00

Kaapstad - Duisende fietsryers sal swart armbande by die Cape Argus Pick n Pay-fietstoer dra ter nagedagtenis aan die drie fietsryers wat Maandag buite Oudsthoorn deur ‘n motoris doodgery is.

Frank Nel (60), Jan Elloff (73) en Magda van Lill (50) is op slag dood toe die bondel waarin hulle gery het, deur ‘n bakkie wat ‘n vragmotor wou verbysteek, getref is.

“Dit is nog ‘n tragiese ongeluk wat vermy kon word,” het Hendrik Lemmer namens Fietsry Suid-Afrika (FSA) gesê.
  
“Ek wil graag namens FSA ons medelye teenoor die families van die fietsryers wat gesterf het uitspreek. Ek wil ook hê hulle moet  weet dat die swart armbande wat ons Sondag gaan dra meer as net ‘n teken van medelye is, maar ook ‘n belofte om daadwerklik iets te doen oor die gebrek aan algemene bewustheid van fietsryers op ons paaie," het Lemmer gesê.

Lemmer het gesê FSA is toegewyd om saam met die regering te werk om paaie veiliger vir fietsryers te maak.

‘n Aankondiging is ook Dinsdag gemaak dat een van Suid-Afrika se top professionele fietsryers, Daryl Impey, as die beskermheer van Sign-Up gekies is.

Sign-Up is 'n nasionale veldtog wat fondse insamel om “Pas op fietsryer”-tekens, wat deur die regering goedgekeur is, langs gewilde fietsroetes regoor die land op te rig.

Impey jaag saam met Lance Armstrong vir die Radioshack-span en is besig om veral op internasionale vlak aandag te trek.

- Sapa
 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
15 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 22-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-29°C A few showers. Morning clouds. Warm.
Jhb: 17-27°C Showery. Partly sunny. Mild. Bloem: 17-28°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MAZDA

Mazda3 1.6 Dynamic
2004
R 115,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 209,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.