Sagan wen derde skof in Parys-Nice
2010-03-11 11:20
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Volksblad op
Aurillac, Frankryk - Die jong fietsryer Peter Sagan van Slowakye het die derde skof van die Parys-Nice-fietstoer gewen terwyl die veteraan Jens Voigt (38) van Duitsland nou die algehele voorloper is.
Die 20-jarige Sagan was een van die vyf jaers wat Nicolas Roche van Ierland, by die laaste klim van die 153 km skof agternagesit het, nadat Roche 'n aanval op die bondel geloods het.
Die tweemalige wenner van die Tour de France, Alberto Contador, het in die sesde plek geëindig.
Die derde skof van die Parys-Nice-fietstoer moes met 53 km verkort word nadat sneeu by die beginpunt geval het.
- AP