Pitso vaar uit oor les

2010-09-05 22:19

Nelspruit - Die Suid-Afrikaanse sokkerspan het duidelik nog nie sy Wêreldbeker-les geleer nie.

Só het sy afrigter, Pitso Mosimane, gesê nadat Bafana Bafana Saterdag in ’n stampvol Mbombela-stadion hier ’n oortuigende – dog teleurstellende – sege van 2-0 oor Niger behaal het.

Die Suid-Afrikaners was weliswaar nooit onder enige druk teen dié Wes-Afrikane nie, tog moes hulle heelwat meer doele as dié van Katlego Mphela en Bernard Parker aangeteken het.

“Ek is tevrede met die uitslag, maar terselfdertyd gefrustreerd dat ons soveel maklike doelkanse verbrou het,” het Mosimane ná dié kwalifiserende wedstryd vir die Afrikabeker-toernooi gesê.

“Die telling was nie ’n ware weerspieëling van die wedstryd nie en ons moes minstens dubbeld soveel doele aangeteken het.”

Mphela, Parker, Siphiwe Tshabalala, Steven Pienaar én Kermit Erasmus kon maklik die agterkant van doelnet gevind het in ’n tweede helfte waarin die tuisspan die Niger-doelwagter, Daouda Kassali, behoorlik laat bontstaan het.

Volgens Mosimane was die vrot afronding aan senuwees en ’n gebrek aan ervaring toe te skryf.

Ironies genoeg het Mphela en Parker waarskynlik Bafana se twee moeilikste doelkanse benut.

“Ons het die afgelope week vreeslik hard gewerk aan ons afronding, tog is dit kommerwekkend dat ons nie die stewel kon inlê nie,” het die breier gesê.

“Ek kan seker nie te veel kla nie, want ons het hope kanse geskep teen ’n span wat daarop uit was om ons aanvalle te bederf en drie ligapunte gekry.”

Daar was boonop heelparty ligpunte, meen Mosimane.

Pienaar en MacBeth Sibaya se balverspreiding in die middelveld was uitstekend, terwyl die tuisspan min moeite gehad het om die besoekers se gevreesde doelskieter Moussa Mazzou hok te slaan.

Die waagstuk – om Bafana se wye verdedigers, Anele Ngcongca en Tsepo Masilela, deurgaans vorentoe te dwing – het boonop ook vrugte afgewerp.

Volgens Mosimane wag ’n opdraande stryd op sy span, wanneer hy aanstaande maand na Sierra Leone reis vir die tweede kwalifiserende wedstryd vir 2012 se Afrikabeker-toernooi.

Net die wenner van die groep, waarin Egipte ook wag, is verseker van ’n plek tussen Afrika se uitsoekspanne in Ekwatoriaal-Guinee en Gaboen.

“Ek het regtig gehoop dat ons ons les geleer het ná die Wêreldbeker-toernooi. Toe het ons het ewe veel punte gehad as Mexiko, maar nie tot die tweede ronde deurgedring nie weens ’n swakker doeleverskil,” het Mosimane gesê.

“Hopelik kan ons gemaklik bo-aan die groep eindig en hoef ons nie weer dié pad te stap nie.”

Die besoekende afrigter, Harowna Doulla, was ’n tevrede man.

“Ons het hierheen gekom om dinge moeilik te maak vir Suid-Afrika en ons het geslaag daarin,” het hy aan Sapa gesê.

“Die feit dat ons net twee doele afgestaan het, ondanks die hoeveelheid besit wat hulle gehad het, is ’n pluimpie vir ons verdediging.”

- Die Burger

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 16-21°C Mostly sunny. Cool. Pta: 19-28°C Passing showers. Morning clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Showery. Morning clouds. Mild. Bloem: 19-25°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild.
Dbn: 23-28°C Heavy rain. Breaks of sun late. Warm. PE: 18-23°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.7 DTi Club Dsl Utility MY08 PU
2006
R 89,500.00

AUDI

A5 Cabriolet Quattro 3.0 TDi S-Tronic Dsl 7-sp
2010
R 459,000.00

FORD

FOCUS 1.6 Ti VCT AMBIENTE 5DR
2011
R 205,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.