Oostenryker slaan eerste slag

2010-03-09 21:45

WELLINGTON - Alles het gister hier volgens plan verloop vir die gunstelinge in die eerste skof van die Giro del Capo-fietstoer en nou is die tafel gedek om op Vissershok die kaf van die koring te skei.

Rene Haselbacher (Safindi.co.za) het die eerste skof oor 106 km in 2 uur, 30 minute en 40 sekondes gewen.

Dié Oostenryker is die algehele voorloper in dié vierdaagse fietstoer, wat Vrydag eindig.

Malcolm Lange (Medscheme) en Burry Stander (Specialized) was onderskeidelik tweede en derde.

Lange is 1 sekonde agter Haselbacher en Stander 6.

Gunstelinge soos Kevin Evans (MTN-Energade), David George (Safindi.co.za) en Hanco Kachelhoffer (Medscheme) is almal 10 sekondes agter.

Volgens Lange was dit een van die makliker skofte waaraan hy in die Giro deelgeneem het.

Die weer was koel ná die hittegolf wat die Boland die laaste ruk geteister het.

Die pad was ook nat ná ’n donderbui vroegoggend.

Daar was ’n val of twee, met Shaun-Nick Bester (Specialized) die dag se vernaamste slagoffer.

Hy het nie net van sy tande op die teer verloor nie, maar is onttrek nadat sy fiets gebreek het.

Die wind het ’n rol gespeel en die bondel het opgebreek.

Kort voor Wolseley, toe die bondel regs in die rigting van dié dorp moes draai, het Medscheme met behulp van ’n sterk dwarswind die bondel opgebreek.

Die bondel was dié beweging te wagte, maar nie almal kon reageer nie en ’n groep van ongeveer 20 jaers het weggekom.

Volgens Lange wou hy baie graag dié skof wen.

“Ek het oor die laaste meter van die nael­rit ’n kramp gekry.”

Lange is die voorloper in die punte-afdeling en Waylon Woolcock (Medscheme) die bobaas van die berge.

Vandag se skof oor 143 km begin om 09:00 in Durbanville.

Die jaers sal die berugte Vissershok drie keer uitklim en dit is hier waar die ware aanspraakmakers na vore sal tree.
 

- Volksblad

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 22-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-29°C A few showers. Morning clouds. Warm.
Jhb: 17-27°C Showery. Partly sunny. Mild. Bloem: 17-28°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MAZDA

Mazda3 1.6 Dynamic
2004
R 115,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 209,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.