Novak uit sy nate ná sege

2012-01-29 21:28

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

MELBOURNE. – In die langste Grand Slam-eindstryd tot nog toe wat tot in die Australiese oggendure geduur het, het Novak Djokovic sewe minute kort van ses uur triomfantlik uit die stryd teen Rafael Nadal getree om sy Australiese Ope-titel te behou.

Die seëvierende Serwiër het gister hier in die oomblik van glorie sy hemp van sy lyf af geskeur nadat hy eindelik in ’n marathon-stryd van vyf stelle met 5-7, 6-4, 6-2, 6-7?(5/7) en 7-5 gewen het.

Die spelers was langer op die baan as Mats Wilander en Ivan Lendl wat in 1988 vir 4 uur en 54 minute sake in die eindstryd van die Amerikaanse Ope uitgespook het.

Djokovic het met die 401ste beroepswedstryd wat hy gewen het met bykans R19 miljoen weggestap. Dit was sy derde titel in Melbourne. Dit was ook sy derde agtereenvolgende Grand Slam-titel met Nadal wat nog elke keer sy teenstander was. Hy het trouens die laaste sewe titel-wedstryde tussen hulle gewen.

Die naelbyt-affêre het voor 20:00 Sondag begin en dis kort voor 02:00 Maandag in Australië afgehandel.

Nadal het dan ook gepas “goeiemore almal” agterna in sy toespraak gesê.

“Ek sal die wedstryd nooit vergeet nie. Selfs al het ek verloor, was dit rêrig spesiaal vir my.”

Die kanniedood Spanjaard het het belowe om vegtend terug te keer net soos hy gedoen het nadat Djokovic die tweede en derde stelle gewen het.

“Ons het geskiedenis gemaak vanaand. Dis net jammer daar kan nie twee wenners wees nie,” het Djokovic agterna gesê.

Dit was die 24-jarige Djokovic se vyfde Grand Slam-titel in sewe eindstryde.

Net Rod Laver, Pete Sampras, Roger Federer en Nadal het al drie keer agtereenvolgens ’n Grand Slam-titel gewen.

Djokovic het boonop vroeër gesukkel met ’n allergie wat hom asemhalingsprobleme gegee het.

Hy het eers in die tweede stel sy ritme gevind.

Hy het sake begin dikteer en weggehardloop met die derde stel. Maar die boorling van Majorka wou nie bes gee nie.

Nadat reën spel vir ’n wyle onderbreek het, is die vierde stel deur ’n valbylstryd beslis wat Nadal gewen het nadat hy daarin met 3-5 agter was.

In die finale stel het Djokovic ’n keer ná 31 oor en weer-houe op die naat van sy rug bly lê.

- Sapa - AFP

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.