Mokoena is koning

2010-07-29 22:31

Nairobi - Khotso Mokoena het gister hier op die Afrika-atletiekbyeenkoms met sy sege in die verspring gewys hy het nie verleer hoe om te wen nie.

Die ander groot Suid-Afrikaanse hoogtepunt was Simon Magakwe se tyd van 10.14 waarmee hy die bronsmedalje in die 100 gewen het.

Dit is die sewende vinnigste tyd nog deur ’n Suid-Afrikaanse naelloper en die eerste keer in meer as vyf jaar dat ’n plaaslike atleet vinniger as 10.20?hardloop.

Victor Hogan het ’n bronsmedalje in die diskusgooi vir mans met ’n gooi van 58.11 gewen.

Daar was ook slegte nuus. Mbulaeni Mulaudzi het hom op doktersadvies aan die halfeindronde van die 800 onttrek. As hy sou hardloop, sou hy volgens die spanbestuurder verseker sy dyspier geskeur het.

Mokoena bly maar net een vir die groot oomblik. Gister was die eerste keer in amper drie maande dat hy weer aan ’n byeenkoms deelgeneem het.

Senegal se Ndiss Badji het vroeg die voortou geneem met ’n sprong van 8.10. Mokoena het met sy vierde sprong perfek vasgetrap en die maatband tot 8.23 laat rek.

Hy het nie weer daarna gespring nie, omdat hy steeds effens las van ’n besering het en nie onnodige kanse wou waag nie.

“Ek het al amper vergeet hoe lekker dit is om deel te neem,” het Mokoena agterna gespot.

Volgens hom sou daardie wensprong van hom nog verder gewees het as dit nie was vir die feit dat die wind reg van voor gewaai het nie.

“Maar ek kla nie.

“Ek weet nou dat ek reg vir die res van die seisoen is.

“My hoofdoelwitte is om goed op die Wêreldbeker-byeenkoms en die Statebondspele te doen.”

Stanley Gabagbeke van Nigerië was derde met ’n sprong van 8.06.

Die Potch-blits Magakwe was vies vir homself, al hét hy brons gewen.

“Ek kon waarskynlik nog vinniger hardloop as ek nie so sleg weggespring het nie, maar dié is net die begin.

“Ek weet nou ek kan 10.00 hardloop.”

Ben Youssef Meite van Ivoorkus het die 100 in 10.08 gewen en Zakari Aziz van Ghana was tweede in 10.12.

Wendy Jonas se vertoning in die 800-halfeindronde verdien vermelding.

Toe die klok vir die laaste ronde lui, was hy in die heel laaste plek.

Daar kon ook gesien word hoe hy effens struikel.

Gelukkig het hy vinnig sy balans herwin om vierde in sy uitdun in ’n tyd van 1:48.56 te eindig.

Ander Suid-Afrikaners wat tot eindrondes deurgedring het, is: LJ van Zyl (2de vinnigste in 400-hekkies – 49.73), Cornel Fredericks (3de vinnigste in die 400-hekkies – 49.82), Ofentse Mogawane (7de vinnigste in 400 – 46.65), SA mans-aflosspan (vinnigste 4x100 – 39.30), René Kalmer (10de vinnigste in 1500 – 4:18.32) en Estie Wittstock (5de vinnigste in 400 – 52.95).

- Volksblad

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 22-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-29°C A few showers. Morning clouds. Warm.
Jhb: 17-27°C Showery. Partly sunny. Mild. Bloem: 17-28°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,995.00

BMW

320i E90 AT
2006
R 220,900.00

TOYOTA

Corolla 1.3 Advanced MY10
2011
R 179,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.