Hardus én Sunette red SA se aansien

2010-09-06 09:43

Pretoria - Hardus Pienaar het Sondagaand in Split, Kroasië, op die Wêreldbeker-byeenkoms die eerste keer in twee jaar weer sy spies verder as 80 m deur die lug laat vlieg.

Pienaar se gooi van 83.17 m was goed genoeg vir die tweede plek en is een van die beste afstande tot nog toe deur ’n Suid-Afrikaanse atleet.

Andreas Thorkildsen van Noorweë het met ’n gooi van 89.26 m gewen.

Sunette Viljoen het die enigste ander hoogtepunt uit ’n Suid-Afrikaanse oogpunt gesorg toe sy tweede in die spiesgooi vir vroue met ’n afstand van 62.21 m geëindig het.

Maria Abakumova van Rusland was die wenner met ’n baie goeie afstand van 68.14 m.

Volgens Viljoen se ma het haar dogter se vastrapvoet haar weer opgekeil.

Ondanks die pyn wat sy moes verduur, was Viljoen die bestendigheid vanself.

Haar eerste gooi was 60.48 m, daarna 62.21 m, 59.98 m en 60.07 m.

Ná die byeenkoms, toe sy haar skoen uittrek, was haar voet met bloed besmeer.

Khotso Mokoena is steeds beseer en het nie deelgeneem nie.

Estie Wittstock was gisteraand sewende in die 200 m in 24.05 s en Victor Hogan was agtste in die diskusgooi met ’n afstand van 54.86 m.

Die Suid-Afrikaners wat Saterdag in aksie was, het soos volg gevaar: LJ van Zyl (5de in 400-hekkies – 49.97 s); Burger Lambrechts (6de in gewigstoot – 18.81 m), Chris Harmse (7de in die hamergooi – 71.06 m); SA 4x100-aflosspan (laaste – 39.82 s) en Elizna Naudé (7de in diskusgooi – 55.79 m).

- Sport24.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 16-21°C Mostly sunny. Cool. Pta: 19-28°C Passing showers. Morning clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Showery. Morning clouds. Mild. Bloem: 19-25°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild.
Dbn: 23-28°C Heavy rain. Breaks of sun late. Warm. PE: 18-23°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.7 DTi Club Dsl Utility MY08 PU
2006
R 89,500.00

AUDI

A5 Cabriolet Quattro 3.0 TDi S-Tronic Dsl 7-sp
2010
R 459,000.00

FORD

FOCUS 1.6 Ti VCT AMBIENTE 5DR
2011
R 205,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.