Giles kies spelers wat op dreef is

2012-01-27 22:21

JOHANNESBURG. – Die afrigterskorps van die Suid-Afrikaanse vrouehokkiespan het huidige spelpeil as die vernaamste kriteria gebruik in die kies van die groep wat aanstaande maand in Delhi vir die Olimpiese Spele gaan probeer kwalifiseer.

Die SA afrigter, Giles Bonnet, het gister die name aangekondig van die 18 spelers wat die land se deelname in Julie in Londen moet verseker.

Die groep, wat aangevoer sal word deur Marsha Marescia, sluit 11 Olimpiërs in en spog met ’n gesamentlike getal toetswedstryde van 2 112.

Die 18 is gekies uit ’n groep van 35, wat almal in die afgelope jaar die Groen-en-Goud gedra het in wat effektief marathon-proewe was.

“Ons het (die afgelope jaar) ’n groot groep gebruik en die doelwit was aan die een kant om sleutel-aspekte te verbeter en aan die ander kant om soveel moontlik spelers soveel moontlik ondervinding te gee,” het Bonnet gesê.

“Nou verander die fokus egter – nou soek ons resultate. Dis waarom ons 18 vroue gekies het wat tans goed speel.”

Die span sluit die veterane Pietie Coetzee, Kate Woods, Lesle-Ann George en Mariette Rix in, asook spelers soos Nicolene Terblanche en Dirkie Chamberlain wat sedert verlede jaar deurlopend goeie vertonings gelewer het.

Die Olimpiese kwalifiseringstoernooi is die Proteas se laaste kans om vir die skouspel in Londen te kwalifiseer. Hulle kom te staan teen Kanada, Italië, Pole, die Oekraïne en die gasheer, Indië. Net die wenner van die toernooi sal na Londen gaan.

“Ons weet daar sal druk op ons wees, maar ons glo vas ons gaan in die eindstryd teen Indië speel, en die laaste ses maande het ons hul nommer gehad,” het Marescia gesê.

“Ons sal eers in Delhi sien hoe ons op die enorme druk op ons reageer, maar ons is almal sielkundig sterker en glo vas in ons eie vermoëns.”

)Die 18 vroue is: Marsha Marescia (k), Ma­riette Rix, Vuyisanani Mangisa, Kate Woods, Lauren Penny, Shelley Russell, Dirkie Chamberlain, Lisa Deetlefs, Pietie Coetzee, Lesle-Ann George, Nicolene Terblanche, Lenise Marais, Kathleen Taylor, Bernadette Coston, Kim Hubach, Jade Mayne, Tarryn Bright, Sulette Damons.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.