Djokovic wil nou in Laver se spore volg

2012-01-30 21:44

“Ek het hard gewerk vir jou.” Die kampioen van die Australiese Ope, Novak Djokovic, liefkoos gister sy trofee nadat hy Rafael Nadal in ’n marathon-eindstryd in Melbourne getroef het. Foto: Reuters

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

MELBOURNE. – Rod Laver was die laaste mans-tennisspeler wat die Grand Slam in 1969 voltooi het en ná Novak Djokovic se merkwaardige oorwinning in die eindstryd van die Australiese Ope, lyk dit of dié Serwiër volgende kan wees.

Laver was gisteroggend vroeg ’n toeskouer op Melbourne Park toe Djokovic sy vierde Grand Slam-titel in die afgelope 12 maande gewen het.

Indien sy ongelooflike spelpeil kan voortduur en hy die Franse Ope in Junie wen, sal hy al vier Grand Slam-titels gelyktydig hou.

Om die ware Grand Slam te kan verower, deur al vier in een kalenderjaar te wen, sal hy ook sy titels in die Wimbledon-toernooi en Amerikaanse Ope moet behou.

Daar is talle wat glo Djokovic kan regkry wat Rafael Nadal en Roger Federer nie kon doen nie, nadat hy ’n stryd van 5 uur en 53 minute oorleef het om Nadal hier in die eindstryd te troef.

“Jy verkeer in pyn en jy probeer jou bene aan die beweeg kry. Jy dryf jouself vir nog een punt, net nog een punt, net nog een pot,” het hy gesê.

Belangrike oorwinnings spoor Djokovic aan tot groter hoogtes. Nadat hy die Davisbeker in 2010 vir Serwië help wen het, het hy daarna 43 agtereenvolgende oorwinnings behaal en is hy eers in die halfeindronde van verlede jaar se Franse Ope, deur Federer, gestuit.

Verlede jaar het hy 10 toernooie gewen, 70 wedstryde gewen en net 6 verloor, al het hy sedert September met beserings gesukkel.

Nou is sy visier gerig op die Franse Ope, die enigste van die grotes wat hom nog ontwyk.

“Die Grand Slam-toernooie is vanjaar my prioriteit, asook die Olimpiese Spele,” het hy gesê.

“Ek wil die eerste keer die eindstryd in Parys haal en het ’n gevoel ek is reg om dit te doen.”

Die eindstryd teen Nadal het gewys Djokovic het die vermoë om staande te bly in ’n kwaai stryd – iets wat vroeër betwyfel is, aangesien geglo is hy trek kleinkoppie in groot wedstryde.

“’n Paar jaar gelede het ek die meeste van die halfeind- en eindstryde teen Rafa en Roger verloor, so ek weet hoe dit voel.

“Ek is opreg as ek sê dis jammer daar kon net een wenner in hierdie eindstryd wees. Ons het albei ons beste tennis gespeel en ons alles gegee tot die laaste oomblik.”

Djokovic het gesê dit gee hom ekstra betekenis aan die oorwinning om dit voor Laver te kon doen. “Ek is baie trots om deel van hierdie geskiedenis te kan wees en een van die spelers te wees wat dié toernooi ’n paar maal kon wen.

“Dit was ’n voorreg om voor Rod Laver te kon speel, een van die grotes van alle tye en voor 15000 toeskouers wat tot 1:30 in die oggend gebly het.

“Dit is ongelooflik, regtig.” – Sapa-AFP

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.