Dis nou jou tyd, hoor nuwe kampioen Azarenka

2012-01-29 21:31

Die kampioen van die Australiese Ope, Victoria Azarenka van Belarus, spog Saterdag met haar trofee in Melbourne. Foto: Getty Images

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

MELBOURNE. – Belarus se triomferende tennister, Victoria Azarenka, het in ongeloof op haar knieë neergesak toe sy Saterdag haar eerste Grand Slam-enkelspeltitel gewen het.

Dit was ’n eensydige vroue-eindstryd hier in die Australiese Ope. Die 22-jarige Azarenka het die Rus Maria Sharapova in 82 minute met 6-3, 6-0 verniel.

Wanneer die nuwe wêreldranglys vandag bekend gemaak word, sal Azarenka se oorheersing van die Australiese Ope duidelik weerspieël word.

Sy sal die nommereen-posisie by Denemarke se Caroline Wozniacki oorneem.

Die eindstryd is vooraf bestempel as die stryd tussen die twee groot lawaaimakers wat oorverdowend kreun wanneer hulle houe slaan.

Gedurende die toernooi het die toeskouers Azarenka ’n moeilike tyd oor haar gesteun en kreun gegee. Sy het egter hul guns met haar spel gewen.

Toe die oorwinning beklink is, het sy op haar knieë neergeval, na die skare gedraai en gevra: “Wat het gebeur, ek weet nie wat aangaan nie?”

Sy het toe haar afrigter, Sam Sumyk, ’n drukkie gaan gee. “Dit is nou jou tyd,” het hy vir haar gesê.

“Ek het ’n ongelooflike tyd in Australië gehad. Dit was heerlik om die taxibestuurders oliebolle te voer. Julle het seker almal gewig aangesit,” het sy geskerts.

“Dis ’n droom wat waar geword het om die titel te wen.”

Azarenka het die wedstryd op ’n koel aand nie goed begin nie en was gou met 0-2 agter. Sy het met geen ritme in haar spel weggespring nie.

Daarna het sy egter stewige spel opgedis om 12 van die volgende 13 potte te wen.

Sharapova het in dié tydperk al hoe meer ongedwonge foute begin begaan. Sy het met haar grondhoue en wankelrige afslane gesukkel. Sy kon Azarenka nooit weer in die kragmeting onder druk plaas nie.

Azarenka het haar kragtige eerste afslaan gebruik om haar aanvalle te loods. Dikwels het sy vinnig die punte ná ’n sterk afslaan beklink.

“Ek het baie hard gewerk om ’n Grand Slam te wen (die eerste van Belarus wat dit vermag). Om nommer een te wees is ook sommer ’n groot bonus,” het Azarenka gesê.

Sharapova sou die voorste posisie op die wêreldranglys vir die eerste keer sedert 2008 ingeneem het as sy gewen het. Sy skuif wel nog op tot die derde plek. “Om die eindstryd te haal is ’n prestasie. Om dan te verloor is altyd taai, maak nie saak watter sport dit is nie,” het sy gesê.

“Dit is frustrerend. My kop is egter reg aangeskroef om sport en die lewe in die regte perspektief te sien.”

•Leander Paes en Radek Stepanek het die mans-dubbelspeltitel gewen deur die gunsteling-kombinasie van die tweeling-broers, Bob en Mike, in die eindstryd te klop. Die telling was 7-6, 6-2.

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.