Daly laat weer sy stokke praat

2012-02-02 22:33

JOHANNESBURG. – Gholf se grootste stoute seun, John Daly, het die horlosie gister in Doha teruggedraai en die eerste ronde van die Katar-meesterstoernooi een hou agter die voorloper afgesluit.

Daly – wat agt jaar laas ’n toernooi gewen het en meer in die nuus was vir sy egskeidings of sy gewoonte om in die middel van ’n rondte die handdoek in te gooi – het gister ’n foutlose 67 (vyf houe minder as die baansyfer) aangeteken.

Hy is net een hou agter die Spanjaard Gonzalo Fernandez-Castaño.

Daly was lank die klubhuis-voorloper, ná ’n oggend waar die wind die spelers heelwat frustreer het.

“Dis een van die beste rondtes wat ek nog ooit in sulke wind gespeel het,” het Daly aan die Europese reeks se media-afdeling gesê.

“Jy voel of jy vreeslik baie sand eet – dit was brutaal. Ek is eintlik nogal geskok oor my vertoning.

“Ek was vyf en ’n halwe weke af en het nie veel aan my gholfstokke geraak nie.”

Dié 45-jarige Amerikaner se rondte het vyf voëltjies ingesluit. Sy bofhoue was klokslag verder as 300 meter en hy het net drie keer nie die skoonveld gehaal nie.

Hy het ook net drie keer nie die setperk in regulasie-houe bereik nie. Daarby het hy 28 keer geset.

Fernandez-Castaño het in selfs taaier toestande as Daly gespeel, midde-in ’n woestynstorm, maar het geweier om hom daardeur te laat onderkry.

Sy rondte het ’n merkwaardige nege voëltjies (afgewissel met drie brouhoue) ingesluit, waaronder voëltjies op vier van die laaste vyf putjies.

Die Rustenburger, James Kingston en die Pretorianer George Coetzee, het die beste van die Suid-Afrikaners gevaar met rondtes van 70.

Hy het hopelik die swak peil wat hom in die Suid-Afrikaanse somer drie uit vier afsnypunte laat misloop het, nou afgeskud.

Jaco van Zyl is ’n verdere hou terug en Retief Goosen, wat vyf jaar gelede in Katar sy laaste Europese titel gewen het, het ’n 73 (+1) op sy telkaart ingevul.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.