Ali-afrigter gooi die handdoek in

2012-02-02 22:33

Die foto van Dundee is taamlik onlangs in Miami, VSA, geneem. Foto: AP

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

PORT ELIZABETH. – Party mense het Angelo Dundee as ’n skelm uitvaagsel beskou, terwyl daar ander was wat gereken het hy is die beste boks-afrigter wat daar tot nog toe was.

Een ding is seker: Dundee se dood gister het nie ongesiens verbygegaan nie. Sy legendariese status het saam met dié van Muhammad Ali gegroei.

Dundee (90) – wie se van eers Merena was – is by sy woning in Tampa, Florida, dood nadat sy liggaam basies ingegee het.

Verlede week was hy in die hospitaal om vir ’n bloedklont behandel te word.

Hy is huis toe, maar gister het hy gesukkel om asem te haal. Hy het omring deur familie gesterf.

“Hy het alles gedoen wat hy wou doen,” het sy seun Jimmy in ’n nuusverklaring gesê.

Een van dié dinge was glo om Ali se 70ste verjaarsdagvieringe verlede maand in Louisville, Kentucky, by te woon.

Die verhouding tussen Ali en Dundee was besonder heg, al het Ali gesê hy het nie regtig iemand nodig gehad om hom af te rig nie.

Hy het wel ’n eerlike, intelligente helper gesoek wat hom gedurende gevegte kon vertel of hy op die regte pad was.

Dundee het veel meer as net dít gedoen. Hy het Ali gemotiveer en kortgevat toe dié bokser die handdoek wou ingooi in gevegte teen Sonny Liston en Joe Frazier.

Hy het Ali ’n waardevolle blaaskans gegee deur ’n handskoen te verniel sodat dit eers ondersoek moes word in ’n geveg in 1963 teen die Engelsman Henry Cooper.

Maar Ali was nie die enigste kampioen wat hy geslyp het nie.

Voor Ali was daar Carmen Basilio en ná Ali was daar byvoorbeeld Sugar Ray Leonard. Dundee het altesame 15 kampioene op die regte pad gehelp.

Selfs George Foreman het sy raad gesoek. Dit was in 1992 toe Foreman ’n verstommende terugkeer na die kryt gemaak het.

In 1974 was Dundee in Ali se hoek toe Ali Foreman in Zaïre uitgeslaan het.

Daar is stories dat Dundee voor die tyd met die toue gelol het sodat dit slapper was en Ali met sy “rope-a-dope-taktiek” gehelp het.

Dundee het dit nog altyd ontken en Ali het in sy biografie “The Greatest” vertel hoe ontsteld Dundee oor sy taktiek was.

Dit was te verstane, die afrigter het altyd sy bokser se gesondheid in gedagte gehou.

Dundee is in 1992 in die internasionale boksheldesaal ingelyf.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.