Woord en Perspektief

Sout-vir-aarde spiritualiteit

2012-01-29 21:31

Jan Lubbe

‘IN a mysterious yet essential way, you have the imprint of God on you. God built into you a kind of God-awareness. This spirituality happens as life happens. It isn’t re­stricted to hanging out in church or spending years in a cave. Spirituality grows out of life.”

Michael Spencer het net een boek geskryf. Dit het ook eers verskyn in die maand waarin hy oorlede is, April 2010. ’n Klein, sagtebandboekie vir sy vriende wat om ’n verskeidenheid van redes die kerke verlaat het, “outsiders who might be drawn to God if it weren’t for Christians... I love them, and they remain my fellow pilgrims.” En, skryf Spencer, baie van hulle was juis “a witness to the church of what Jesus would be doing”. Op ’n vreemd-eerlike manier.

Wat my gedagtes na so ’n vriend laat gaan het. Op Sondag 28 Augustus 1988 het hy as finalejaarstudent in teologie sy proefpreek in die destydse NG Sendingkerk in Heidedal gelewer. Dít was ietwat buitengewoon: Die jare tagtig was struggle-jare, noodtoestand en als; ons was maar ’n handjievol en een professor wat daardie Sondagoggend anderkant die spoorlyn gaan aanbid het – en baie hartlik ontvang is, al wás dit twee jaar ná Belhar en kerklike verhoudinge gespanne.

Boonop het ons van ’n konserwatiewe teologiese fakulteit gekom waar een van ons vriende kort tevore in sy studie “gestuit” is omdat hy gay is.

En die teks van die preek? ’n Profesie, eeue oud, maar ’n kwarteeu gelede in die Vrystaat gevaarlik vir staatsveiligheid en gangbare NG teologie: “Is dít wat Ek op ’n vasdag wil hê: net dat ’n mens sy nek buig soos ’n biesie en in sak en as sit? Is die vas wat Ek wil hê, nie dít nie: om die juk wat op mense druk, af te haal, om verdruktes vry te maak? Om aan dié wat honger is, brood te gee en aan die armes en dakloses ’n blyplek? Om jou medemens nie aan sy lot oor te laat nie?” (Jesaja 58).

’n Manier van Bybellees waarmee ons vriend die kerk – en kapelaansdienste die jaar daarna – moeite besorg het (om dit sag te stel), en wat eindelik sou lei tot sy vertrek uit die kerk.

Formeel het hy sy nek al minder “soos ’n biesie gebuig”, by wyse van spreke. Maar aan die profeet sou hy gehoorsaam bly, weliswaar vervreemd van kerk en teologie en ver buite sinodale sale: om mense nie aan hul lot oor te laat nie; om brood te gee; om huise te bou vir die armstes. Lewenslank.

Wat toe nou ook nie so lank sou wees nie: verlede Vrydag het ons Kobus van Loggerenberg gegroet, 49 jaar oud. Hy’t gedoen wat ’n kind van God moes doen, iemand met die “imprint” van God; ’n beelddraer; iemand wie se spiritualiteit in sy gewone lewe te sien was. Vir hom was daar eintlik niks anders as “die gewone lewe” nie; van enige valse of vrome tweedelings tussen natuur en genade, kerk en wêreld was hy wars. Maar iemand wat – volgens die evangelis Matteus – onder die geseëndes van die koninkryk getel sou kon word, omdat hy toe hy die geringstes honger of dors, ’n vreemdeling, siek of in die tronk gesien het, hulle nie aan hul lot oorgelaat het nie (Matteus 25:34).

Dít is uiteindelik die getroue getuies wat nodig is om die kerke in ons land te evangeliseer. Om ons wakker te skud uit ’n soort maatskaplik-aanvaarbare, makgemaakte godsdienstigheid. Om ons terug te roep na die essensie van dit waarvoor Christus ons in die eerste instansie kom roep het: sout van die aarde. Wat wonde ontsmet, bederf en korrupsie keer, en aan die lewe smaak gee. Want regerings weet hiervan niks en kerke versuim dit al wetende. Daarom mag God se kinders vanjaar nóg swyg nóg swig nóg swymel. Eerlikwaar.

Ds. Jan Lubbe is leraar van die NG Kerk Berg-en-Dal.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.