Woord en Perspektief

Roepingsbewus die toekoms in

2012-02-05 21:28

Hannes Noëth

EK skaam my nie vir die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) nie. Elke gemeente, en in geheel, is sy deel van die bruid van Christus. Sy is nie ál deel van die bruid nie, maar sy is deel van Sy bruid en volkome en selfstandig deel van Sy liggaam.

Sy is die kerkverband waarin ek grootword, waarin ek, deur genade, Christus bely. In haar het ek geantwoord op Sy roepstem en het ek my kinders voor Sy verbond gebring. Sy is die kerkverband van my voorgeslagte; of sy ook die kerkverband van my nageslagte sal wees, weet ons nie nou nie.

Sy maak soms foute, sy is soms omstrede, moontlik nog meer as die ander kerkverbande in Suid-Afrika. Maar ek is nederig dankbaar oor haar. Dankbaar dat ek in haar voor die grootheid van God gebring kan word en in haar die Waarheid kan soek en kan dien.

Ek bid vir haar. Ek bid dat sy altyd sal tempel bly van ons Here Jesus Christus. Ek bid dat sy bewaar sal word van die aanslae van die tyd.

Interessant dat ’n belydenis kan klink soos ’n biegsessie: “Ek is Hannes. Ek is deel van die GKSA. Ek is enkel gereformeerd, ’n Dopper, en nederig dankbaar daaroor.”

Enkel Gereformeerdes is deesdae amper meer bedreig as die wit- en swartrenoster saam. ’n Mens wonder tog as die Doppers sou verdwyn, sou dit enigsins ’n verandering maak in Suid-Afrika?

Nee, antwoord sommiges dadelik, hulle is maar 100000 in ’n land van 50 miljoen. Tog is die Doppers bekend daarvoor dat hulle nie tel nie, maar weeg. (Seker dele van die GKSA groei wel sterk.)

In sy biografie oor die Afrikaners skryf Giliomee insake die onderwys (2004:224) “die Doppers se invloed was buite alle verhouding tot hulle getalle”.

Opmerklik ná die pas afgelope 2012-sinode is dat almal ’n mes in die Dopper-blad probeer steek. Sommige van buite die kerk (asof ons die enigstes is in die strydende kerk en die ander die triomferende kerk reeds bereik het), sommige vanuit binne die kerkverband (vergetend wie sy neus skend, skend sy aangesig en vergetend van die eenvoudige Gereformeerde beginsel van konformeer of appelleer). Die interessantste messe kom van dié wat skryf of sê: “Ek was Gereformeerd en is dankbaar dat ek so lank terug daar uit is.” (Wat my altyd laat wonder hoekom wil mens dit so graag sê?)

Dit bly verrassend dat mense net nie kan ophou skryf of praat oor so ’n “niksseggende” groepie mense nie. Voor die amptelike herstigting van die GKSA in 1859 word orals in literatuur skerp verwys na die Doppers (skeldnaam) wat “vromer en meer konserwatief as enige ander gemeenskap in die kolonie is”.

Dagboek op dagboek uit die Anglo-Boereoorlog verwys na die “vaste en onbuigsame” geloof van die Doppers, wat vroegmôre reeds eenkant Psalms sing. Dit is onder daardie, vandag uitgelagte Psalms-sangers wat die slag van Magersfontein begin, en onder hulle wat die droom van ’n Christelike Universiteit groei. Dit is daardie Psalm-sangers wat ’n eerste Algemene Sinode bymekaarroep en ’n eenheid predik in verskeidenheid. Vreemd dat in feitlik elke uithoek van Suid-Afrika, elke stad, dorpie of streek jy hulle sal aantref: Roepingsbewus en Skrifgetrou vorentoe.

In 2012 lyk die kerklike wêreld en die samelewing heeltemal anders as toe sy onder ’n seringboom tot stand gekom het. Reeds vanaf stigting treur ons oor die sondige verskeurdheid in die liggaam van Christus. Die duisende denominasies ís ’n sondige verskeurdheid.

Maar die beginsel van Sola Scriptura sal die enkel Gereformeerde nie opgee nie. Die GKSA roep saam uit: Kom, Here Jesus, kom gou! Solank sy uit God se genade bestaan, sal jy haar nie ligtelik oor die waarheid sien handel nie en nie ongeërg met die Skrif sien werk nie. Vir die Dopper van hart is die kerk die Here s’n en maak jy nie daarmee wat jy wil nie.

Ds. Hannes Noëth is predikant van die Gereformeerde kerk Kimberley.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.