Uit my kas

Herfs begin nou sy kle(u)re wys

2012-01-27 22:22

AL voel dit dalk nie op die oomblik so nie, is die herfs om die draai en om nou nog somersklere aan te skaf is geldmors.

Dit is nou die tyd van die jaar om jou kaste reg te pak en te kyk wat jy wil hou en waarvan jy liefs ontslae wil raak.

Identifiseer só die gate in jou klere-arsenaal en vul dit met die jongste modes aan.

Op die Suid-Afrikaanse Modeweek wat verlede jaar in Oktober aangebied is, het veral vier modeneigings vir herfs/winter 2012 na vore getree.

Hierdie neigings is:
Leer maak ’n definitiewe terugkeer hierdie herfs, hoewel dié veelsydige materiaal nooit werklik van die modefront af verdwyn het nie. Leer is egter nie hierdie seisoen beperk tot handsakke en skoene nie, maar maak ook sy opwagting in rompe en, glo dit of nie, broeke.

Blommepatrone blyk net nooit uit die mode te gaan nie. Dit was deur die lente en somer baie gewild en vloei ook nou oor na die herfs en winter, met handsakke, hoede en skoene wat met allerlei blomme bedruk is.

Die tandruitpatroon (die sogenaamde houndstooth) is ’n treffer uit vervloë dae en maak vanjaar weer sy verskyning. Hierdie swart-en-wit patroon word veral op handsakke skoene, serpe en baadjies gesien.

Pers is dié kleur hierdie herfs, so maak seker jou kas pronk met ’n purper nommertjie of twee.

Grys, wit en swart is ook steeds gewild met spatsels ligpers en kersie om bietjie kleur te verleen. Satyn, fluweel en kolle is ook gewild.

Maak dus seker jy tref die oog dié herfs met ’n gewaagde leernommertjie of ietsie in pers...
– Bron: www.hautefashionafrica.com.

)Kontak my gerus met enige vrae, voorstelle of kommentaar by mode@volksblad.com.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.