Beïndruk met jou modesin in herfs, winter

2012-02-17 22:15

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Madelein Venter

MODE is nie altyd mooi nie, en partymaal lig die meeste van ons maar net ons wenkbroue as ons sien wat op die modefront gebeur.

Wat egter baie belangrik is om te onthou is dat die meeste modes wat ons op die loopplanke van die gewilde modestede soos Milaan en Parys sien, nie net so op winkelrakke gaan verskyn nie. Dis gewoonlik ’n baie afgewaterde weergawe wat dit uiteindelik tot in ons naaste winkelsentrum maak.

Volgens die modevertoning wat onlangs in bogenoemde stede gehou is, val die klem van vanjaar se mansmodes vir herfs en winter op geld, seks en mag. Die neigings is dus sterk en in party gevalle nogal over the top.

Hier is ’n paar neigings vir mansmodes vir die kouer seisoene:
Snyerspakke is groot mode.
Militêre jasse is weer gewild.
Interessante truie met breë nekke, ook tartan en visgraat en, snaaks genoeg, ook met dieremotiewe was op die loopplanke te sien.
Leer is gewild vir mans en vroue hierdie herfs/winter. Dit word byvoorbeeld op die lapel van ’n baadjie of oor die skouers aangetref.
Metaalinsetsels is op skoene te sien, veral in straps bo-oor die brug van die voet.
Manbags is een modebykomstigheid waaraan baie mans nog swaar sluk. Hierdie seisoen se manbags is kleiner en word sommer in die hand vasgehou. Baie soos ’n clutch-handsak vir vroue.
Ek’s seker baie mans sal juig oor die feit dat pette ook terug in die mode is.
Jasse met breë skouer is ook nou gewild.
Kleurvolle boksstewels is blykbaar nou ’n modeartikel, maar ek sluk nog maar swaar daaraan...
Glo dit of nie, koerante. Baie modelle is op die loopplank met ’n koerant in die hand gekiek.

Nog neigings om van kennis te neem:
Olyfkleur;
die “bomber jacket” (vliegbaadjie);
die “pinstripe” (strepiespak)
die “wet-look” vir hare is ook terug (vermoed die meeste mans was nie bewus daarvan dat dit ooit nié in die mode was nie...)
paisley (dis reg, daardie vreemde “print” wat veral op Altus van 7de Laan se hemde gesien kan word...)
Atrakanwol (as jy dit kan bekostig).

So, maak seker jy beïndruk die vrou in jou lewe met jou modesin wanneer die bibberweer inskop.
– Bron: www.guardian.co.uk

Kontak my gerus met enige vrae, voorstelle of kommentaar by mode@volksblad.com.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.