Jong Stemme

Wie is Die ware Antwoord?

2012-02-10 22:00

Jóhann Thörmahlen

DIE afgelope week se bohaai oor Die Antwoord wat in Amerika opslae maak, het my opnuut oor die Kaapse Zef-rappers se verhoogpersonas laat wonder.

Kyk, Ninja en Yo-Landi Vi$$er het mos Maandag ’n “uitvoering” van een van hul nuwe treffers, I Fink U Freeky, op The Late Show with David Letterman gelewer.

Wat my waarskynlik meer as hul musiek pla, is dat hulle ’n sekere kommin identiteit geskep het, daarmee die wêreld verower en almal dit vir soetkoek opeet.

Glo die media, aanhangers en veral Amerikaners werklik dié twee is arm, vuil en het swaar grootgeword soos hulle voorgee?

Dit het my aan ’n insetsel op Top Billing laat terugdink waar daar by Ninja-hulle se kamstige huis in Mitchells Plain besoek afgelê is.

Terwyl Vi$$er hamburgers maak, vertel sy hoe swaar hulle as kinders gekry het, steeds in dieselfde huis bly en geld nie juis veel verander het nie.

Ek sou begin lag as ek die aanbieder was...

Goed, hulle is inderdaad freaky soos bogenoemde liedjie lui en dalk is dit wat almal gaande het. Lady Gaga het ook gewys hoe vreemder hoe beter en Jack Parow het bevestig dat nie net seks nie, maar zef ook verkoop.

Maar ek kan nie glo daar is diegene wat dink Die Antwoord is regtig kommin nie.

Ninja, of altans Watkin Tudor Jones, het voor dié groep met verskeie ander projekte soos MaxNormal.TV probeer bekend word.

Die uwe was self ’n slag by Kaktus op die Vlaktes op die KKNK waar Jones, toe nog as MaxNormal.TV, deur die gehoor uitgejou is.

Beslis nie suksesvol as jy my vra nie.

Toe begin hy Die Antwoord en nou pryk hy op die nuutste voorblad van die Suid-Afrikaanse weergawe van die musiektydskrif Rolling Stone.

Ninja en Vi$$er, wat al gesê het hulle is nie ’n paartjie is nie, se kamtige sewejarige dogter, Sixteen, word ook die eerste keer bekend gestel.

Jones het al onder meer in ’n onderhoud gesê sy persona as Ninja werk op dieselfde manier as Superman en Clark Kent.

Hy trek glo net nie sy Superman-pak uit nie.

As jy nog nie Vi$$er-hulle se vertoning op The Late Show with David Letterman op die internet gesien het nie, kan jy Dinsdagaand om 23:15 op kanaal 113 op DStv so maak.

Dis nou as jy jouself daaraan wil blootstel.

Gelukkig verskil smaak en hoef ek geen antwoorde by Die Antwoord te kry nie.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.