Jong Stemme

Skone land met sy donker kant

2012-02-03 21:55

André Damons

SUID-AFRIKA, met al haar wonders, berge en dale, waters en velde. Met al haar groen en blou.

Suid-Afrika, my land. Ons land. So ’n mooi land.

Ons Suid-Afrika met sy verskeidenheid mense, kulture, tale en idees.

Dit is ’n land waar mense saam kuier, saam speel, saam bly. Op rugby-, sokker-, en krieketvelde, op strande, in restaurante en speelgronde. In parke en op wildplase.

Die is ’n land wat aan almal behoort wat daarin bly, werk en leef. Dis ’n land waar almal ewe belangrik is en elkeen saak maak.

Suid-Afrika, so mooi, vriendelik en verblydend. My Suid-Afrika, jou Suid-Afrika. Ons Suid-Afrika?

Dis ’n land waar so ’n groot verskeidenheid mense in liefde saam leef. Of is dit? Is dit so ’n land?

Kyk jy verder en dieper is daar ook ’n donker kant aan dié mooi land. Dit hang soos ’n groot vet kol op ’n spierwit laken. En geen waspoeier of seep kan dit skoon was nie.

In ’n land waar die weer meestal perfek is, waar die natuurskoon mooier as enige skildery is, waar die mooiste sonondergange voorkom en waar die wildplase vol diere is en die see vol visse – is daar net een ding verkeerd: die mens.

As Suid-Afrika ’n land van vrede en liefde was waar almal gelukkig saam bly, werk en kuier, hoekom is daar soveel ontevredenheid? Valsheid, afsonderlikheid en vreemdheid?

Hoekom roei ons mekaar uit? Hoekom moor en verkrag ons mekaar? Hoekom vat ons mense se plase af en vernietig alles waarvoor hulle hard gewerk het?

Hoekom praat ons sleg van mekaar, beledig, kritiseer en verwens mekaar? Beskuldig mekaar? Hoekom bly sommige in paleise en ander in sinkhuise? Hoekom ry hulle in duur motors en die res sit gepak in gevaarlike taxi’s?

Is ons almal nie Suid-Afrikaners nie?

Ons Suid-Afrika is ’n land vol diepe hartseer. Ons boere word vermoor, ons vroue verkrag. Kinders mishandel en verwaarloos. Ons oumense word aangerand.

Ons renosters word uitgeroei, ons geld gesteel en hulpbronne vermors.

Suid-Afrika, land waarin ons menswees vernietig word en ons menslikheid verdwyn.

Suid-Afrika, land wat beheer word deur moordenaars, verkragters en rassiste. Ai, Suid-Afrika.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.