’n Graad sonder...

2010-03-09 22:02

Wanneer ’n gemeenskap sy biblioteek verbrand, soos onlangs in die woongebied Siyathemba in Balfour, Mpumalanga, gebeur het, weet jy daar is ’n groot fout met ons openbare kultuur.

Die verbranding van boeke is een van die skandelikste openbare dade in die geskiedenis.

Dit is, op stuk van sake, wat die Nazi’s gedoen het met die werke van skrywers soos Einstein, Freud en Brecht.

Regdeur die geskiedenis is boeke verbrand deur godsdienstige fanatici wat hulle deur gevaarlike idees bedreig gevoel het, en selfs deur bejaardes en haweloses vir die verwarming van hul liggaam.

Hierdie minagting van boeke is diep gewortel in die geskiedenis en tekenend van ’n gemeenskap wat ontwortel is.

Veral ysingwekkend van die Balfour-boekverbrandery was dat dit aangevuur is deur jong mense – kinders van dieselfde ouderdom as dié wat in die jare sewentig teen apartheidsonderwys in opstand gekom het omdat daar, by wyse van spreke, nie genoeg studieboeke beskikbaar was nie.

In ’n land waar kinders steeds nie boeke vir al hul leerbehoeftes het nie, was dit ’n gemene daad.

Dit was ook ’n betreurenswaardige refleksie op kennis, geleerdheid en ontwikkeling.

Dit was, bowenal, ’n treurige refleksie op die toestand van ons gemeenskap.

Boeke is aan die kwyn – nie net weens die nuwe media en tegnologie of ’n wêreldwye resessie nie, maar omdat ons, te midde van die dolle najaag van eksamenresultate, vergeet het hoe om kennis en geleerdheid te waardeer.

Neem universiteite as voorbeeld. Dit is ’n vreesaanjaende gedagte. Het u geweet die meeste voorgraadse universiteit­studente verwerf hul graad sonder dat hulle ooit ’n boek van voor tot agter deurgelees het?

Wat jammerlike professore doen, is om vir hulle “notas” te gee – kerngedagtes wat in toetse en eksamens kan voorkom.

Hulle weet selfs hulle kan maar ’n klas misloop en steeds slaag as hulle die “notas” in die hande kan kry.

Hoe kan ’n mens ’n graad verwerf sonder om oor ’n tydperk van vier jaar minstens 20 tot 35 boeke deur te gelees het?

In ons sensasie-per-minuut-kultuur is daar nie plek vir boeklees nie – dit verg geduld, kos tyd en bied nie noodwendig onmiddellike bevrediging nie, omdat die ontknoping eers aan die einde kom.

Tog bied boeke, meer as enige ander bron van kennis, insig in die menslike toestand.

Dit vergestalt ’n voortdurende tussenspel van idees; bied vernuwende maniere om ons eie menslike kondisie in die spieël waar te neem, soos in die onlangse Begging to Be Black van Antjie Krog, of in André P. Brink se talle klassieke werke.

Boeke bied jou die geleentheid om te reis sonder om jou slaap- of sitkamer te verlaat.

Jy kan ver in die geskiedenis terugreis, oor vreemde kulture heen en in die lewe van andere in.

Boeke verskaf ongelooflike plesier.

Ook geleerdheid, omdat jy nie net die storie lees nie, maar (dikwels onbewustelik) leer om te praat en te skryf op maniere wat idees kragtig uitdruk.

Dit is hoekom kinders wat op skool goed presteer dikwels die leesgewoonte vroeg reeds aangeleer het.

Navorsers het ’n kragtige aanwyser van geleerdheid ontdek: boeke in die huis.

Ons skoolstelsel sal begin presteer as ons kinders sover kry om die leesgewoonte aan te leer.

Ek is deur ’n goeie vriend geroskam toe ek onlangs die inhoud van dagblaaie soos die Son gekritiseer het.

Sy argument was dat dié sappige koerante tienduisende mense uit die werkers- en arm klasse ten minste laat lees; daarsonder sou hulle nie belang gestel het om die Financial Mail te lees nie.

Ek moes teensinnig saamstem.

Ouers vra my dikwels wat hulle kan doen om geleerdheid by hul kinders aan te moedig.

Maklik.

Voordat kinders kan loop, maak seker daar is boeke rondom hulle.

Begin met eenvoudige prenteboeke.

Moenie jou kinders toelaat om te gaan slaap sonder om ’n bladsy van ’n boek te lees nie, en nog meer namate hulle ouer word.

Plaas boeke op verskeie plekke in die huis, ook in die toilet.

Sit ’n paar in die motor vir die langpad.

Ouma en oupa, gee met elke verjaardag boeke; dis ’n kleinood wat nooit sal breek of waardeloos word nie.

Ek hou van skole met leeskompetisies en pryse vir kinders wat oor ’n sekere tyd die meeste boeke gelees het.

Uitstekend.

As jou kinders die leesgewoonte aangeleer het, sal jy hulle nooit daardie gevreesde woorde hoor sê nie:

“Ek is verveeld; wat kan ons doen?”

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 22-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-29°C A few showers. Morning clouds. Warm.
Jhb: 17-27°C Showery. Partly sunny. Mild. Bloem: 17-28°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MITSUBISHI

PAJERO 2.8 TDi
1998
R 90,800.00

VOLKSWAGEN

Polo 2.0 Highline 5-dr MY05
2006
R 119,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2004
R 94,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.