Wat huis ’n tuiste maak

2010-07-29 00:11

Jan en Sonet Bosman se kinders is reeds opgeskote, groot en indrukwekkende tieners wat selfvertroue en vasberadenheid uitstraal.

Dis vroegoggend op die Bosmans se plaas, en die kinders is op pad na hul hoërskool in Douglas in die landelike Noord-Kaap.

Maar voordat die matriekseun en sy suster vertrek, volg hulle ’n gebruik wat ek eerlikwaar gedink het lank­al verdwyn het.

Voordat hulle vertrek na die bakkie wat hulle skool toe sal bring, stap hulle na hul ouers en soen hulle om die beurt.

Ek is getuie van ’n innige en onvergeetlike oomblik; op Afrikaans word dit ’n soengroet genoem.

Die soengroet is ’n kragtige demonstrasie van die band tussen ouers en hul kinders wat deesdae in baie min Suid-Afrikaanse gesinne voorkom.

In die gesprek wat op hierdie betekenisvolle handeling volg, word allerlei verduidelikings aan my oorgedra.

Die kinders kan ná hul vertrek in ’n motorongeluk beland en nooit weer hul ouers sien nie; met die soengroet het hulle ten minste behoorlik van mekaar afskeid geneem.

Aan die ander kant is die soengroet ’n teken van respek, van die feit dat die kinders steeds na hul ouers opsien.

Met hierdie handeling bevestig die kinders dié erkenning aan hul ouers.

Natuurlik het ons almal kleintyd ons ouers gesoen voordat ons afgesit het skool toe.

Maar heel gou hou ons op om dit te doen omdat ons weet dat ons vriende ons dophou en omdat ons ons onafhanklikheid wil wys namate ons ouer word.

In sommige gesinskulture word hierdie simboliese skeiding tussen ouer en kind begryp, en word kinders wat ophou om hul ouers te soengroet wanneer hulle die huis verlaat of na die huis terugkeer, nie berispe nie.

Tog het die Bosmans se kosbare gesinsgewoonte my aan die dink gesit.

Dalk kan kinders se toenemende oneerbiedigheid teenoor hul ouers gedeeltelik toegeskryf word aan die feit dat in diesulkes se gesinne nie meer sprake van ’n soengroet is nie.

Met die verlies van fisieke aanraking dryf kinders weg van ouerlike gesag en kwyn die respek vir hul ouers.

Ek sien dikwels hoe kinders in die openbaar in woedebuie op hul ouers skreeu.

Dis ondenkbaar dat so iets sou gebeur het indien die soengroet steeds ’n werklikheid was.

Volgens ’n goeie vriend maak die soengroet dit vir ouers moontlik om hul kinders te dissiplineer sonder dat vrees hoegenaamd ter sprake is.

’n Kind wat gestraf word, weet dat die tugoptrede nie liefdeloos is nie.

Hy besef die fisieke pyn van ’n pak slae is maar net een kant van die balansstaat van kinders grootmaak.

’n Kind wat haar ouers slegs ken as toornige grootmense wat pyn veroorsaak, sal self kwaai word.

Maar die soengroet is ’n herinnering aan die hoeksteen van liefde wat enige vorm van dissipline ten grondslag lê.

Dit is natuurlik nie die aanraking van menselippe wat betekenisvol van ’n soengroet is nie.

Dis die handeling van fisieke en emosionele verbondenheid wat saak maak.

Danksy die onstuitbare Amerikaanse kultuur, wat media soos die televisie oorspoel, gebruik Suid-Afrikaners al hoe meer ’n ander soort soengroet:

Die beerdruk.

Haas geen Amerikaanse fliek oor gesinne eindig sonder versoening en die grootse beerdruk nie.

Maar die soengroet is spesiaal en intiemer, ’n ware Suid-Afrikaanse tradisie onder sommige van ons gesinne.

Ons sou natuurlik allerlei verklarings kon bedink vir die afskaffing van die soengroet.

Jy kan kieme versprei, byvoorbeeld wanneer jy verkoue is of griep het, of selfs ’n ernstiger kwaal.

Hiervan sê ’n ingeligte vriend, wat self in ’n soengroet-kultuur grootgeword het:

“Ons het altyd gesê: ‘Dis ten minste familiekieme.’”

Ek veronderstel dat die Bosman-kinders – namate hulle grootword, self ouers word en selfs oud word – steeds hul ouers sal soengroet.

Dis die fisieke band en blywende respek wat sulke gesinne in beproewende en voorspoedige tye bymekaarhou.

Dit is wat van ’n huis ’n tuiste maak.

Dit is wat gebroke huise van hegte gesinne onderskei.

  • Prof. Jansen is rektor van die Universiteit van die Vrystaat.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 22-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-29°C A few showers. Morning clouds. Warm.
Jhb: 17-27°C Showery. Partly sunny. Mild. Bloem: 17-28°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MAZDA

Mazda3 1.6 Dynamic
2004
R 115,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 209,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.