Uitslae toets vir regering

2011-01-11 22:24

Bied die seniorsertifikaat-uitslae van 2010 ’n getroue beeld van die stand van ons skoolstelsel?

Dui hierdie uitslae regtig op die positiewe uitbreiding van kennis in die geval van meer as twee derdes van ons gr.12-leerlinge? Dui die 2010-uitslae op ’n progressiewe verbetering van die onderwysstelsel, of is dit maar net nog wipplank-statistieke oor skooleindprestasies soos ons sedert 1994 gesien het?

Dít is van die vrae wat by my opgekom het toe ek verneem het die slaagsyfer het met ’n massiewe 7 persentasiepunte gestyg – van 60,7% in 2009 tot 67,8% verlede jaar.

Die vrae is nie kwaadwillig nie. In die Asmal-jare het die uitslae ’n hoogtepunt bereik, maar dit het later geblyk ’n totaal onakkurate prentjie te wees van sowel die stelsel se prestasie as leerlinge se gemiddelde prestasies. In die woorde van my gr.1-wetenskaponderwyser: “Wat styg, moet daal.” En dit hét gedaal; dramaties.

Met die eerste oogopslag is die resultate om drie redes onwaarskynlik. Ten eerste het ons tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi, met die verlies van weke se doeltreffende onderrig, ’n betekenisvolle dooie gety beleef. Ten tweede het ons lang staatsdiensstakings beleef wat verdere onderrigweke in die gedrang gebring het. Ten derde verbeur ons jaarliks normaalweg sowat 30 dae doeltreffende onderrigtyd by voorheen benadeelde skole. Ondanks al dié verlore tyd word van die publiek verwag om te glo dat tienduisende meer leerlinge geslaag het as in die aansienlik stabieler akademiese jaar van 2009.

“Ja,” verweer die lojale staatsamptenaar, “maar almal het ná die staking ’n spesiale poging aangewend, en hier is die resultate daarvan!” In dié geval stel ek voor dat ons elke jaar net voor die eksamens ’n onderwysstaking hou, omdat dit sal verseker dat meer kinders sal slaag danksy die leerlinge, ouers, gemeenskapsleiers, afgetrede onderwysers en ander burgers wat wel ure by die skool deurgebring het.

Dít is die verwronge logika waarmee ons opgesaal word. Ons kan met ’n spesiale poging voor die eksamens – ingevolge waarvan elkeen wat sy of haar mond kan oopmaak, ter elfder ure spesialisvakke aan 600000 leerlinge gee – vergoed vir die onverantwoordelike gedrag van onderwysers wat gestaak het. Wat is ons bereid om as ’n gegewe te aanvaar met so ’n verknoeide begrip van wat opvoeding behoort te wees?

Ons tandelose opvoedingsverslaggewers sal soos gewoonlik in gebreke bly om die indringende vrae te stel. Vrae soos: Hoe op aarde het die uitslae só die hoogte ingeskiet? Verduidelik dit.

In watter vakke is die punte opwaarts aangepas, en met hoeveel persent in elke vak? En hoekom was opwaartse aanpassings in 19 vakke hoegenaamd nodig? Is dit ’n statistiese aanpassing of ’n politieke aanpassing? Wat van die proefeksamenvraestelle? Was daar genoeg verskille in die vrae, of het kandidate net weer dieselfde soort vrae ontvang? Verduidelik dit dalk hoekom so baie studente herhaaldelik in die 2010-eindeksamen gesê het die vraestel was “maklik”?

Wat van die standaard van die eksamens en die moeilikheidsgraad van die vrae? Daar is min skoolstelsels ter wêreld waar die oë nie sal rek wanneer toenemende getalle leerlinge 100% in meer as een vak verwerf nie. Dit alles in ag genome, kan ons Umalusi vertrou as ’n onafhanklike stem wat, by die neem van besluite oor die bestuur en voorbereiding van uitslae vir openbare kennisname, vry is van inmenging en manipulering deur die departement van basiese onderwys?

En wat daarvan dat die uitslae van die strawwer toets vir universiteitsgereedheid, die nasionale normtoetse, so swak is vergeleke met dié van die seniorsertifikaat-eksamen? Hoekom wys eersgenoemde dat aan sommige universiteite minder as 10% van die produkte van ons skoolstelsel gereed vir hoër opvoeding is? En wat beteken dié uitslae indien baie min of nie een nie van die 364000 studente wat geslaag het, ’n werk sal kan kry met sy of haar matrieksertifikaat?

Dan dié werklik tergende vraag: Hoe verduidelik ’n moderne opvoedingstelsel, wat die meeste van die nasionale begroting aan opvoeding bestee, die mislukking van 279 033 jong mense? Dit is meer as ’n kwartmiljoen vermorste jong lewens. En gee ons die presiese getal leerlinge uit hierdie 2010-groep wat gr.1 begin het, maar 12 jaar later versuim het om vir die gr.12-eksamen op te daag.

Hierdie uitslae is net goed vir die politici. En terwyl die uitslae van die eksamen steeds betekenisvolle politieke gewig dra te midde van ’n disfunksionele skoolstelsel, sal die eksamen self onder druk bly as die lakmoestoets vir die geloofwaardigheid van die regering.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.