Uitdaging vir waardestelsel

2010-11-03 22:38

Die vier studente wat in die klein vertrek op my gewag het, het baie anders gelyk as die tipiese student wat ek op universiteitskampusse teëkom. Hier op ons kampus in die Oos-Vrystaat gaan dit besonder moeilik.

Erge armoede kom voor, en in die omliggende omgewing is die druk op welsynsdienste ontsaglik. Feitlik elke student op dié kampus studeer met geldelike bystand van verskillende aard. Baie van hulle is in die steek gelaat deur die wanfunksionering van arm, landelike skole. Tog het hulle die wilskrag en geld bymekaargeskraap om universiteit toe te gaan.

Hoekom het hierdie vier eerstejaarstudente so anders gelyk? Hoekom het hulle so uitgelate gelag? Hoekom was hulle so geesdriftig? Wat het hulle van hul mede-studente onderskei? Hulle was deel van ’n groep van 71 eerstejaars wat pas teruggekeer het van ’n drie maande lange besoek aan top-universiteite aan die Amerikaanse ooskus. Maar naas die klaarblyklike opgewondenheid oor die kort studietyd in die buiteland sou ek iets taamlik dramaties ontdek in die lewensveranderende ervarings van dié jong mense.

Ek het die kernvraag gestel: “Wat is die een ding in jou buitelandse ervaring wat jou verander het?” Hulle was almal gretig om te praat, en wat ek in die volgende 20minute gehoor het, was die aangrypendste verhaal van veranderde lewens wat ek in ’n baie lang tyd gehoor het.

Die eerste student het die ander voorgespring met ’n verbysterende bekentenis: “Professor, in my gemeenskap het ek geleer om gays en lesbiërs te verafsku. Maar by die Universiteit van New York is dié kwessies openhartig bespreek en het ek agtergekom hoe bevooroordeeld ek is jeens mense met ’n ander seksuele oriëntasie as my eie. Ek is skaam oor die gevoelens wat ek teenoor ander mense gehad het.”

Ek het nie verwag dat die terugvoer só innig, só eerlik en só persoonlik sou wees nie.

Die volgende student het tussenbeide gekom, en dié keer het ek byna van my stoel afgeval. “Professor, ek het tuis gekom en vir my gesin gesê ons moet verander, nie alle blankes is slegte mense nie en ons moet hulle respekteer.”

Nie een student van wie ek weet, onthul so iets vrywillig en openlik nie, veral nie in ons ras-sensitiewe en -behepte gemeenskap nie. In die harde wêreld van ’n arm landelike gebied kon dié student maklik met haar rassegriewe op die mou loop, maar sy is op ’n merkwaardige manier verander.

Sy het vertel hoe haar wit verblyfouers in die VSA haar soos ’n eie dogter behandel het; hoe hulle al die moontlike gedoen het om haar, ’n jong vroulike student van die Universiteit van die Vrystaat, gekoesterd te laat voel; en hoe hulle gehuil het op die dag van haar vertrek en terugkeer na Suid-Afrika.

Dié ervaring van saamleef met en gekoester word deur ’n blanke gesin het hierdie jong student se beskouing oor blankes in haar eie land vir altyd verander.

Die derde student kon beswaarlik wag om sy verhaal te vertel.

“Ek het gedink die enigste manier om jou probleme en bekommernisse te lug is om te baklei, eise te stel en te worstel. Maar ek het gesien die studente daar benut hul tyd deur te dink, te redeneer en hul beskouings te slyp deur redelike en logiese denke.”

Ek het stilweg geglimlag en gewonder hoe hierdie student bejeën sou word in ’n nasionale kultuur wat glo in afbreek en vernietiging eerder as in die formulering van kragtige argumente. Dink net hoe universiteitskulture sou verander indien daar tienduisende studente soos hierdie jong man was.

Ek is oortuig een van die hoofredes vir die talle probleme op ons kampusse is die onkunde onder ons studente oor enige ander gedragsmodel as dié wat hulle onder hul eie portuurgroepe waarneem. Rassisme, homofobie en die begeerte om te vernietig spruit uit dit wat hulle in hul geboorteland waarneem. Wat hulle sien, word die nuwe maatstaf, en ons almal ly daaronder.

Wat hierdie studente verander het, is dat hulle losgebreek het uit hul isolasie in Suid-Afrika.

Hulle het ander “norme en waardes” as rigsnoer vir studente- en gemeenskapsgedrag waargeneem. Hulle het vir die eerste keer agtergekom dat daar ’n beter grondslag is om mens, landsburger en student te wees.

En die uitwerking wat ’n drie maande lange studietyd oorsee op die lewe van 71 studenteleiers gehad het, kan nooit in rand en sent bereken word nie.

Ek weet dit is totaal onbekostigbaar, maar dit sou ideaal gewees het indien elke Suid-Afrikaanse student ’n top-universiteit in die buiteland kon besoek. Dit sou die dikwels bekrompe, konserwatiewe en selfvernietigende gedrag van die Suid-Afrikaanse jeug verander het.

Dit sou ook ’n uitdaging wees vir ’n waardestelsel in die onderwys wat erg aan die verkrummel is.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.