Punte alleen is nie genoeg

2011-11-01 22:51

DIT is ’n moeilike tyd vir voornemende universiteitstudente en hul ouers.

Leerlinge in gr.12 ontvang nou die uitslag van hul aansoek om universiteitstoelating in 2012. Diegene wat in rigtings soos argitektuur, ingenieurswese, fisioterapie of geneeskunde belang stel, is verpletter wanneer hul aansoek om toelating onsuksesvol is.

Die gesprek met sulke studente en hul ouers is loshande die moeilikste ding wat ek al moes doen.

Jong mense droom oor hul studierigting, dikwels van kleins af. Vir ’n kind wat ’n dokter of ’n argitek wil word, is ’n afkeuring dikwels uiters moeilik om te aanvaar.

Daar is min wat enige universiteit kan doen.

Ten eerste is daar in kliniese en laboratorium-gegronde studierigtings net vir ’n beperkte aantal studente plek.

Die intensiteit van die opleiding maak dit onmoontlik om groot getalle studente gelyktydig op te lei.

Dan is hospitaalbeddens, wat deur provinsiale regerings beskikbaar gestel en deur mediese fakulteite vir opleiding benodig word, duur en beperk. Min studente kan dus tot dié rigtings toegelaat word.

Ten tweede: Groot getalle uiters knap studente doen aansoek om toelating tot die kliniese rigtings.

Selfs al behaal elkeen 100%, is hulle meer as wat ’n enkele universiteit kan aanvaar. Gegewe die standaard van die aansoeke en die beperkte plek, is dit nie ongewoon dat studente by meer as een inrigting tegelyk aansoek om toelating tot argitektuur en medies doen om hul kanse op sukses te verhoog nie.

In reaksie hierop verlaat baie universiteite hulle op ’n eenvoudige, objektiewe, gestandaardiseerde toets of op eksamenuitslae. Dit is eenvoudig, maklik en konsekwent, aangesien alle studente dieselfde gr.12-eksamen en nasionale normtoetse aflê. In die geval van medies word toelating deur ’n kombinasie van hierdie twee uitslae bepaal.

Is dit die beste manier van toelating tot dié studierigtings? Waarskynlik nie. Ten eerste sal studente se punte in ’n sekere mate ’n aanduiding wees van die gehalte onderwys wat hulle ontvang het.

Dit is waarom universiteite ’n billikheidsfaktor inbou, sodat leerlinge in township-skole met gebrekkige hulpbronne wat gemiddelde B’s verwerf het, ook oorweeg word naas leerlinge wat gemiddelde A’s in welvarende private skole verwerf het.

Maar daar is nog ’n stel eienskappe wat nie verreken word deur net op toets- en eksamenuitslae te steun nie: die karakter en kaliber van die student.

Toetspunte sê niks oor die leierseienskappe van ’n student of die etiese oortuigings van ’n toekomstige geneesheer nie.

Dit sê ook nie of die student voornemens is om ná die verwerf van ’n graad in Suid-Afrika te bly nie.

Dit gebeur dikwels dat ’n student wat B’s en C’s verwerf het, ’n aansienlik beter tandarts of dokter word vanweë eienskappe soos temperament, emosionele intelligensie en die vermoë om empatie te openbaar. ’n Student wat onmiddellik ná die verwerwing van die grade MB.Ch.B. na Londen trek, kos die staat tienduisende rande as beleggingsverlies – ongeag die redenasie dat die skuif na die buiteland nodig is om ’n inkomste te verdien vir die delg van studieskuld.

Ek dink ons verloor van ons beste studente in dié gespesialiseerde studierigtings omdat ons assesseringsmaatreëls beperkte inligting verskaf – hoewel ek, uit die perspektief van byvoorbeeld ’n mediese fakulteit aan ’n universiteit, die nut en regverdigheid van gestandaardiseerde uitslae insien.

Ek meen ons moet die spektrum van beoordelingsinstrumente op grond waarvan ons oor toelating tot professionele studierigtings besluit, verbreed. In dissiplines soos sielkunde word studente reeds aan ’n omvattende, uitdagende stel oefeninge onderwerp. Dit sluit onderhoude en persoonlikheidstoetse in, sodat ’n vollediger beeld van die aansoeker verkry word. Die gebruik van omvattende assesseringsinstrumente is, in die algemeen, regverdiger as blote staatmaak op toetsuitslae.

Daar is ander modelle. In Amerika skryf studente ’n opstel as deel van die portefeulje wat hulle saam met hul aansoeke indien. Dit kan baie sê oor ’n potensiële student. Maar dit is duur; en wanneer 600 studente om ’n bepaalde graad aansoek doen en slegs 40 of 140 kan toegelaat word, doen die universiteite ’n kostevoordeel-ontleding en gebruik die eenvoudiger proses – toetsuitslae.

Aan die ander kant maak die individuele student saak, en ons moet aanvullend tot toetsuitslae in nuwe tegnologie vir die assessering van kandidate vir alle studierigtings belê.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.