‘Pa, ons moet praat’

2010-05-11 01:24

Pa, ons moet praat,” het my agtjarige dogter gesê toe ek enkele jare gelede andermaal laat van die werk af gekom het.

Ek was verontwaardig. “Hoe op aarde kon hierdie kind só praat met my, haar pa?”

Dit was nie my eie gedagtes nie; dit was dié van my ouers. Soos baie kinders van my generasie, het ek nie so met my ouers gepraat nie. Ek kan my voorstel hoe my ma sou gereageer het indien ek sou gesê het: “Ons moet praat.”

Sy sou gesê het: “Ek sal jou só slaan dat die muur jou nog ’n hou gee. Nou, gaan doen jou huiswerk!” Eina.

Toe breek die oggend van die gevreesde gesprek met my dogter aan. Ons is op ’n Saterdagoggend na ’n koffiehuis. Sy het ’n melkskommel bestel terwyl sy, totaal ontspanne, haar bene vorentoe en agtertoe geswaai het.

Ek het op die punt van my stoel gesit en glad nie na die gesprek uitgesien nie. Was ek in die moeilikheid?

Nadat sy rustig die helfte van haar melkskommel gedrink het, het sy na my gedraai en streng gesê: “Jy kom saans te laat huis toe. Jou werk kom altyd eerste. Dit is nie goed vir ons gesin nie.”

Gemengde emosies het oor my gespoel. Enersyds was ek onthuts en andersyds was ek trots daarop dat my dogter haarself so duidelik kon uitdruk oor ’n probleem waaroor ek nie anders kon nie as om saam te stem.

Een van ouers se belangrikste rolle is om hul kinders die geleentheid te gee om hulself vrylik en vreesloos uit te druk. Wanneer ouers tuis omstandighede skep waarin kinders aangemoedig word om ’n standpunt in te neem, ’n saak te beredeneer of by te dra tot die oplossing van ’n huislike probleem, leer jong mense vaardighede wat hulle goed te pas sal kom wanneer hulle hulle as volwassenes in ingewikkelde situasies bevind.

Dit is moeilik, aangesien die meeste van ons as ouers ons kinders instinktief grootmaak soos óns grootgemaak is.

Daar is steeds ouers wat hul geliefde kinders slaan – nie omdat dit werk nie (dis hoekom hulle daarmee moet aanhou), maar bloot omdat húlle kleintyd aangerand is deur hul ouers, wat op hul beurt pap geslaan is deur hul ouers, en so aan.

Dit is erg ongewens, want terwyl ’n pak slae moontlik ’n uitlaatklep vir die woede van ’n ouer is, of ’n dringende probleem kan oplos, is die langtermyngevolge skadelik vir die emosionele welstand en intelligensie van ’n kind.

Ek het die inwoners van Ventersdorp goed op die TV dopgehou ná die moord op mnr. Eugene ­Terre’Blanche.

Dit is nie die enigste deel van die land waar die kombinasie van ’n lae IK en hoë testosteroon plofbare situasies skep nie.

Hier dink mense nie, hulle vaar uit. Die manier om jou standpunt oor te dra is om iemand te foeter.

In ’n gemeenskap soos hierdie, en andere waar “slaan eers en vra later” klaarblyklik die werkwyse is, is daar ’n gebrek aan emosionele intelligensie.

Wanneer ek my doktorale studente vergesel na navorsingskonferensies in Amerika, herhaal dieselfde verskynsel hom telkens.

As deel van ’n paneel sal my studente op die agtergrond wegkwyn terwyl Amerikaanse studente hulself selfversekerd en met die regte aanslag uitdruk wanneer hulle hul navorsingsbevindings oordra.

Die Suid-Afrikaanse studente sal met ’n verskoning begin.

Dit is die gevolg wanneer kinders tuis en op skool leer om versigtig, bang en onseker te wees.

Natuurlik is daar ’n fyn onderskeid tussen die selfversekerdheid van ’n kind en die respek wat hy of sy aan volwassenes en ander kinders behoort te betoon.

Ons rol as ouers is om hulle te help om daardie balans te handhaaf, gedrag wat aan onbeskoftheid grens te ontmoedig, maar terselfdertyd ruimte te skep vir hul menings, selfs al maak dit ons ongemaklik.

Daar is niks so spesiaal soos om te werk met jong mense wat ’n vraag kan stel, ’n kompliment kan gee, gemaklik in teenwoordigheid van volwassenes is, en kwellings teenoor hul ouers kan opper nie.

Elke nou en dan, wanneer ek jong mense by ’n hoërskool teëkom, sal een vir my kom sê:
 
“Ek het ’n baie diep respek vir Meneer” (’n matrikulant van Hopetown) of “Meneer en Mevrou moet asseblief veilig ry” (’n matrikulant van Bethlehem).

Hiervan is ek seker:

’n Jong adolessent wat uit haar portuurgroep na vore tree en só ’n boodskap met ’n ferm handdruk oordra, is emosioneel gesond en gaan goed vaar op skool en in die lewe.

?

  • Prof. Jansen is rektor van die Universiteit van die Vrystaat.

 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.