Onderrig, leierskap

2011-02-09 00:11

Daar is ooreenkomste tussen New Orleans in Louisiana in die VSA, en die gelyknamige township in die buitewyke van die Paarl.

Albei is al lank ontsier deur armoede en ongelykheid; albei het heldeverhale van gemeenskappe, skole en kinders wat geleer het om swaarkry te oorwin.

Een so ’n inspirerende verhaal van New Orleans in die Paarl is ’n projek met die naam Rachel’s Angels, wat die studente en personeel van die Universiteit Stellenbosch in aanraking bring met belowende leerlinge van arm Wes-Kaapse hoërskole.

Ek het verlede week ’n moordende werkseminaar by die Universiteit van Kaapstad afgehandel.

Afgemat het ek my Paarl toe gehaas vir wat nog ’n twee uur lange afspraak as geleentheidspreker by die eerste jaarlikse lesing by die Rachel’s Angels sou wees. Dit het plaasgevind by ’n skool met ’n pragtige saal, die Senior Sekondêre Skool New Orleans.

My moegheid het gewyk toe ek die stampvol saal binnegekom en een van die geesdriftigste skoolbyeenkomste in my lewe ervaar het.

Hier was die eerste aanduidings van ’n ongewone skoolprojek – vreugde.

Wanneer laas het jy ’n skoolbyeenkoms of onderwysprojek meegemaak waarvan blydskap, skaterlag, afwagting en vriendskap die kenmerke was? Ons saalbyeenkomste kan dikwels met begrafnisse verwar word.

Ons tugmeester-onderwysers lyk afgemat, met ’n blywende frons op die gelaat wat wil sê: “Ek kon as eiendomsagent baie geld verdien het, maar hier sit ek nou met julle spul opgeskeep.”

Die meeste skole is hartseer en neerdrukkende plekke, en die skoolgemeenskappe wat verteenwoordig word deur die Rachel’s Angels, genoem na ’n vasberade vrou met die naam prof. Rachel Jafta, het die volste reg om te kla oor misdaad, werkloosheid en ongelyke onderwys. Maar hier by die Angels, in die ekonomies geteisterde deel van die Paarl, is net vreugde.

Die kinders kom van oral – van die ou gevestigde skole in die Paarl tot die agtergeblewe hoërskole in Malmesbury, en in Manenberg en Kuilsrivier.

Hulle is almal kraaknetjies aangetrek, hulle gloei van geesdrif, en hulle het besliste planne vir die toekoms.

Hoe het dit gebeur?

Dit is eintlik heel eenvoudig. Vir die Rachel’s Angels is daar net een boodskap:

“Jy is meer as wat jou omstandighede jou wysmaak. Jy kan baie meer bereik as wat jy dink.” Maar dis nie leë praatjies oor hoop en ambisie nie. Danksy die projek kry die leerders toegang tot universiteits­lesings om ’n gevoel te kry van wat moontlik is as hulle goeie punte behaal.

Die Angels leer praktiese lewensvaardighede in besigheidsadministrasie en ondernemerskap. Hulle word blootgestel aan jonger en ouer mense uit hul gemeenskap vir wie hulle as rolmodelle kan dien.

Dit is al laataand, maar die blydskap van hierdie kinders en hul onderwysers bly aangrypend.

Ek kan nie van die verhoog wegkom nie, al smag my liggaam na rus voor my terugvlug na Bloemfontein binne enkele ure om 06:00.

Hul vreugde hou my aan die gang terwyl ons regstaan vir die soveelste selfoonfoto saam met mense wat ek nog nooit ontmoet het nie.

Tog voel hulle almal soos familie.

Ek het in New Orleans ’n les geleer as ouer, onderwyser en leier.

Ek is herinner aan die belangrikheid daarvan dat ek deurentyd in die geselskap moet kom van jong mense wat vreugde en geesdrif uitstraal.

Ek moet voortdurend met hulle oor hoop praat, en vertel wat moontlik is indien hulle maar net in hulself glo.

Ek moet hulle wys wat lê anderkant die grense van wat hulle as die moontlike beskou.

Ek moet ’n teenwoordigheid onder hulle handhaaf, my nie afsonder in die privaatheid van my werk of my studie tuis nie.

My boodskap aan elke onderwyser in Suid-Afrika is die volgende: Beheer jou klaskamer.

Wees daar voordat die leerlinge aankom, en bly daar tot ná hul vertrek.

Beloon korrekte antwoorde met ’n “vat vyf”. Huppel en spring oor die speelterrein. Gee ’n moedelose leerling ’n drukkie.

Neem ’n moeë en ontmoedigde onderwyser vir ete. Koop vir die skoolhoof ’n sjokolade ná ’n lang dag se leiding.

As jy die vreugde van onderrig en leierskap uitleef, of van ouerskap en dissiplinering, sal jy die manier verander waarop studente hulself sien, hul omgewing vertolk en die toekoms benader.

Jy sal die invloed hiervan in hul akademiese uitslae sien.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.