Neiging om te vernietig

2011-05-17 19:49

Wat is die verskil tussen die ontsiering van die standbeeld van emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu in Oos-Londen in 2008 en die aftakeling van dié van dr. H.F. Verwoerd in Meyerton in 2011?

Nie groot nie, as ’n mens daaroor nadink, want dit is dieselfde soort mense wat dit om dieselfde soort redes met dieselfde soort gevolge doen.

Dit is mense wat glo dat die vernietiging van simbole waarvan hulle nie hou nie, of van idees waarmee hulle verskil, gepaste optrede is. Dit is sulke mense wat die kantoor van ’n Kaapstadse skoolhoof afgebrand het omdat hulle verskil het met sy standpunt dat die skoolgeriewe nie in skooltyd vir verkiesingspolitieke gebruik beskikbaar is nie.

Dit sou ’n mistasting van die essensie van my inleidende vraag wees om met luidkeelse verontwaardiging daarop te antwoord dat “Arch” goed is en “H.F.” boos was. Tutu word dikwels beswadder deur jong skurke in die politiek, en sy borsbeeld is geskend nadat hy hom uitgespreek het teen onbetaamlike gedrag deur mense in gesagsposisies.

Die aanspraak dat Arch ’n goeie mens is, is onaanvegbaar. Natuurlik is hy. En die aanspraak dat H.F. ’n verskriklike mens was wie se rassistiese idees bygedra het tot die mistroostige maatskaplike, ekonomiese en opvoedkundige lewe van swart mense spreek vanself.

Die argument oor die goeie teenoor die kwade is dus nie net argaïes nie; dit is in die huidige omstandighede nutteloos. Waaroor ek bekommerd is, is die geneigdheid om goed en sleg te vernietig eerder as om daaroor te dink.

Natuurlik was die verwydering van die standbeeld in Meyerton onverbloemde politieke opportunisme. Die standbeeld van H.F. het nie net, sonder omstredenheid, onaangeraak bly staan onder die bewind van die ANC én die DA nie, maar in ons stede en dorpe is honderde strate, paaie, standbeelde en ander simbole wat verskriklike mense uit ons verlede huldig sonder dat onvrede daaroor heers.

Indien die verwydering van H.F. se standbeeld die resultaat was van weldeurdagte gesprekvoering onder plaaslike gemeenskappe oor die betekenis en toepaslikheid van apartheidsimbole in munisipale gebiede, sou ek beslis my steun toesê aan enige besluit om Verwoerdiaanse simbole in die vullisblik van die verlede te stort. Maar dit het nie gebeur nie. Wat ons gesien het, was politieke vertoon van ’n weersinwekkende omvang, en die verlies van nog ’n geleentheid om oor ons tragiese geskiedenis te onderrig en te leer.

Dít is wat ek betreur: Die verlies aan onderriggeleenthede te midde van die politieke gekheid om ons.

Die hoofbron van my kommer oor die verwydering van Verwoerd se standbeeld is dít: Hoe leer ons ons kinders, swart en wit, oor ons gewelddadige verlede indien ons al die getuienis daarvan verwyder? Om ’n berekende parallel te gebruik: Dink net hoeveel moeiliker dit sou gewees het om oor dinosourusse te onderrig indien daar geen fisieke bewysmateriaal van hul fossiele bestaan het nie?

Pleks daarvan om te onderrig oor Verwoerd en sy plek in die Suid-Afrikaanse politiek, breek ons simbole van sy lewe af asof sulke handelinge op sigself ons samelewing sal stroop van die rassisme en ongelykheid wat hy, en die bestel wat hy voorgestaan het, aan ons land nagelaat het.

Kortom: Ons vervang onderhandeling deur vernietiging, opvoeding deur bestrawwing, en betrokkenheid deur uitsetting.

Ons land het nou ’n generasie ná-apartheidskinders wat niks van Verwoerd sal weet behalwe om sy Hollandse naam as skelwoord te gebruik nie. Hulle sal nie leer dat daar onder meer resente generasies Verwoerds was wat die gekke ideologieë van hierdie Stellenbosse professor teengestaan en hulle by die ANC aangesluit het nie. Hulle sal nooit hoor van die rasse- en ideologiese kompleksiteit van sy moordenaar, Dimitri Tsafendas, nie. Hulle sal nie verstaan hoekom Trevor Manuel se vergelyking van Jimmy Manyi met H.F. Verwoerd so ’n snydende herinnering was aan hoe ras-essensialistiese idees die verwydering van ’n bronsbeeld van ’n bose mens kan oorleef nie.

Al wat die politieke jeug nou sal weet, is om enigiets waarvan jy nie hou nie, goed of sleg, te vernietig.

Dit is is noodsaaklik dat ons kinders krities van Verwoerd sal leer. Anders ontstaan die risiko van die geboorte van baie meer van sy geesteskinders, en nie almal van hulle wit nie.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.