Nie slagoffers van verlede

2010-08-23 20:35

Jonathan Jansen

Ek moet nog iemand teëkom wat nie die redes vir die staking insien nie. Hoewel onderwysers nie sleg betaal word by hul toetrede tot die professie nie, styg hul salaris nie teen dieselfde koers as dié in ander professies nie. Dit is skandalig dat ’n onderwyser wat tien of twintig lewensjare aan dié edel beroep wy só min geld kry dat hy of sy nouliks ’n ordentlike lewenspeil kan handhaaf.

Maar ek moet ook nog iemand teëkom wat die gedrag van stakers ondersteun. Ek verwys hier na die intimidasie en geweld wat teenoor gewone mense gepleeg word. Daar is beweer dat babas in kritieke omstandighede gesterf het omdat die verpleegpersoneel verhinder is om die werkplek te betree. Volgens ’n ander berig het stakers ’n kind vertrap wat op ’n sypaadjie stuiptrekkings gekry het. Verpleegpersoneellede en onderwysers is gewelddadig van hul werkplekke verwyder omdat hulle ’n ander standpunt teenoor die staking daarop nagehou het.

Suid-Afrikaners hoef nie die staking op sigself te vrees nie; ons demokrasie laat immers ruimte vir landsburgers om aan vreedsame protes deel te neem. Waaroor ons almal wel bekommerd behoort te wees, is die wyse waarop ’n venynige en gewelddadige proteskultuur die maatstaf word. Anders gestel: Die grondslae van ons kultuur en gemeenskap is sodanig aan die verander dat dit nie meer voldoende is om met andere te verskil nie; ons moet ons verskille verder voer. Ons moet vernietig, afbreek, dreig, en mense en instellings aanval met wie ons verskil.

Daar is ’n ander beskouing hieroor. Een van Afrika se voortreflikste sosiaal-wetenskaplikes, Mahmood Mamdani van die Makerere-universiteit in Uganda, opper graag dié belangrike punt: “Die hede is nie sy eie verklaring nie.” Met ander woorde, by die aanskoue van die gewelddadige optrede van stakers lê die redes daarvoor in die verre verlede en nie in die waarneembare gedrag van die hede nie. Wat ons dus moet vra, is: Hoe het dit gebeur dat ons so ’n gewelddadige bevolking geword het?

Natuurlik is ons land eeue gelede uit geweld en ver­owe­ring gebore. Die apartheidsregering het mense met reëlmaat gemartel en doodgemaak, en geweld deel van ons sosiale kultuur gemaak. Anders gestel: Geweld het in ons samelewing geïnstitusionaliseer geraak.

Daarom kan mense buite reënboognasie dit nie kleinkry nie dat ’n demokratiese regering terugval op die metodiek van die vorige regering – rubberkoeëls en traangas – in sy optrede jeens diegene wat hom aan die bewind gestel het. Toe ons rubberbande om die nek gehang het van mense wat daarvan verdink is dat hulle informante van die vorige regering was, het ons bygedra tot die teelaarde vir die geïnstitusionaliseerde geweld wat vandag steeds met ons is. Eerder as om geweld net te verdoem – en ons behoort dit te doen – moet ons vra: Waarvandaan kom dit? “Die hede is nie sy eie verklaring nie.”

Maar ons is nie die slagoffers van ons verlede nie. Ons kan hierdie gedrag verander, moeilik soos dit ook al kan wees. Gesprekke oor ingewikkelde sosiale kwessies moet altyd voorrang kry bo betogings. Vreedsame protes moet die maatstaf word; nie gewelddadige proteskulture nie. Onbetaamlike gedrag moet gestraf word.

Toe ons studente van die Universiteit van die Vrystaat geskors het weens fisieke intimidasie en ontwrigtende gedrag tydens die onlangse intervarsity, was dit, soos altyd, ’n moeilike besluit om jongmense hul studiegeleentheid te ontneem. Maar indien die studente nie vinnig en deeglik leer dat sulke gedrag onaanvaarbaar is nie, sal woede en gewelddadige protes die maatstaf word en die universiteitskampus onstabiel bly. Dit is opmerklik hoe sommige van ons universiteite, onder die dekmantel van die demokrasie, sentrums van blywende ontwrigting en chaos geword het.

Dit is maklik om kinders tuis of studente aan ’n universiteit te lei, mits ’n mens twee eenvoudige beginsels handhaaf. Ten eerste, wees onvoorwaardelik lief vir hulle; ten tweede, stel duidelike perke vir gedrag. Die res is maklik.

Wanneer die les geleer is dat ontwrigting en intimidasie onaanvaarbaar is, moet ons, in die toepassing van dissipline, welwillend wees. Ons behoort verklarings van spyt en apologie te aanvaar. En ons moet natuurlik verseker dat die gedragsreëls herhaaldelik duidelik gestel word. In die proses moet ons regverdig en konsekwent wees.

In die geval van die Reitz-studente was dit vir ons belangrik om welwillendheid en vergewensgesindheid te openbaar deur die studente opnuut ’n studiekans te gee nadat hulle die lesse van onaanvaarbare gedrag duidelik geleer het.

Hierin is lesse vir ons kampus en ons land, vir ouers en onderwysers as leiers, vir ons burgerlike bevolking en vir ons regering. Ons moet onversetlik wees wanneer ons wangedrag takel, maar welwillend wanneer ons dissipline toepas.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
48 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.