Kovsies en Oprah

2011-06-28 18:02

Vandat bevestig is dat Oprah Winfrey die Universiteit van die Vrystaat sou besoek, het ’n kernbeplanningspan van sowat dertig lede op dreef gekom en omgesien na die reëlings: vir veiligheid, vervoer, uitnodigings, etes, kaartjies, dekor, die nuusmedia, kommunikasie, verhoogbestuur en die gradeplegtigheid, asook vir openbare redevoering, en so meer.

Nog nooit was soveel mense betrokke by die beplanning van só ’n gebeurtenis op ’n universiteitskampus in ons land nie. Daar was, byvoorbeeld, minstens vier sekerheidstaakspanne betrokke, met inbegrip van Winfrey s’n.

Honderde personeellede het deurnag gewerk. Ek het met bewondering toegekyk hoe studente en personeel geswoeg het om dié Kovsie-gebeurtenis van die eeu ’n oomblik van trots vir die universiteit, stad en land te maak.

Ons kon dit nie alleen vermag het nie. Oprah se beplanningspan in Chicago was daagliks met ons in verbinding oor die aksieplan van meer as twintig bladsye.

Vir die Amerikaners was dit riskant; iets anders as om die stel en die gehoor in die beheerde omgewing van die Oprah Winfrey Show te bestuur. ’n Afgevaardigde is na Bloemfontein gestuur om seker te maak dat alles seepglad sou verloop.

Uiteindelik kon ons verantwoording doen oor elke tree en asemteug.

En ons moes voorsiening maak vir Mandela-oomblikke: Hoe gemaak as sy van protokol afwyk en uitstap om ondersteuners te groet?

Sy hét, en die span was gereed daarvoor.

Dan die bysake: Die plaaslike nuusmedia wou die geleentheid tot elke prys as ’n geldmaaktruuk voorstel. Maar geen geld is gevra nie: Dit is so eenvoudig soos dít.

Tog was dit irriterend om onakkurate en misleidende inligting oor aanvang- en afsluitingstye, reisroetes en landingstye te lees.

Die ergste het voorgelê: Honderde mense landwyd wou iets gee vir die internasionale media-ikon en filantroop. Briewe is van oral ontvang, plaaslike haarsalonne het aangebied om haar hare te doen, en selfs ’n gratis massering is aangebied.

Uiteenlopende organisasies, van Johannesburg tot Kaapstad, wou hê haar reisplan moet aangepas word sodat sy by hulle kon aandoen. Dit was moeilik om vir vrygewige en welmenende mense te verduidelik dat ons haar nie sommer met vliegtuigvragte geskenke kon oorlaai nie, en dat sy nie almal tydens haar kort besoek kon ontmoet nie.

Nie net welwillende mense het na Bloemfontein gestroom nie; misdadigers en ander opportuniste ook. ’n Groep Nigeriërs is vasgetrek waar hulle vervalste kaartjies verkoop het. Daar kon groepe wees wat die teenwoordigheid van beroemdes sou wou uitbuit vir optogte en protesaksies.

Ons was slaggereed. Dit was senutergend. Veronderstel iets ergs gebeur op ons kampus met een van die wêreld se invloedrykste leiers?

Toe breek die oomblik aan. Die optog het aangekom. Sy het, danksy baie hoë hoëhakskoene, aansienlik langer voorgekom as wat ek verwag het. “Professor Jansen,” het sy gesê, en ek het besef sy het die gedetailleerde plan vir die geleentheid haarfyn bestudeer.

Ek het die opregte menslikheid van hierdie besonderse vrou eerstehands ervaar terwyl sy die spesiale gaste gegroet het.

Toe die gradeplegtigheid. Met me. Winfrey se aankoms in die saal het dit gevoel of die dak van die Callie Human-sentrum afgeruk gaan word. “Hierdie mens beteken so baie vir so baie mense regoor die wêreld,” het ek gedink.

Me. Winfrey se vriend, John Samuel, het een van die aangrypendste gradueringsitate voorgelees wat ek tot nog toe gehoor het.

Hy het die oomblik verewig toe hy na haar draai en sê: “Me. Winfrey, u is nou ’n Kovsie.” Die gehoor was oorstelp, en Oprah het haar arms omhoog gehou in vreugde.

Sy het die verhoog verlaat om haar toga uit te trek, en teruggekeer om die sowat 5000 aanwesiges toe te spreek. Die gehoor was stil terwyl die nuwe Kovsie haar woord gedoen het.

Sy het die aangrypende verhaal vertel van haar geboorte as kind van ’n per-ongeluk-paartjie wat nie beplan het om haar te hê nie. Almal is geraak.

Ons sluit af met die kenlied van die burgerregtestryd in Amerika, die Battle Hymn of the Republic. Corneil en die kinderkore se stemme styg uit met “Glory, glory hallelujah, His truth is marching on”.

Terwyl hulle sing, kyk Oprah in my rigting, en óns weet, álles wat met ons lande en dié kampus gebeur het, was die moeite werd.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.