Koppe behoort te rol

2010-07-15 00:18

As die rampspoedige gevolge van resultaatgerigte onderwys (RGO) op die televisie uitgebeeld kon word soos miljoene siek en sterwende kinders, sou ons met afgryse vervul wees oor die uitwerking van hierdie verderflike proefneming.

Maar aangesien onderwys-letsels nie onmiddellik waarneembaar is soos dié van ’n gesondheidskrisis nie, maak ons niks van die ramp wat resultaatgerigte onderwys oor ons kinders gebring het nie.

Die leuens, huigelagtigheid en skreiende oneerlikheid van politici en vakbondleiers nadat die minister van basiese onderwys, me. Angie Motshekga, die vanselfsprekende aangekondig het – naamlik dat RGO dood is – was enersyds vermaaklik, andersyds verontrustend.

Mnr. Kader Asmal het aan ’n koerant gesê dr. Blade Nzimande moet die blaam dra, nie hy nie.

’n Vooraanstaande figuur in onderwysgeledere het ontken dat hy die vader van RGO is; dit was iemand anders.

’n Beampte van die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie het ook op die lawaaiwa gespring en gesê sy organisasie was van meet af teen RGO gekant.

Genade!

Dit het my herinner aan die NP-politici in die middel van die jare 1990:

Nie een van hulle het ooit apartheid gesteun nie. Die feit is, RGO was die ideologiese projek van die ANC-regering.

Maar wat is die minder sigbare letsels van RGO?

Ek kan aan ses dink.

Een, die geldelike koste vir die land.

Honderde miljoene rande is bestee aan die opleiding van onderwysers, die ontwikkeling van onderwysmateriaal, die opleiding van kurrikulum-fasiliteerders, die gebruik van internasionale kundiges, die uitvoer van duur hersienings en evaluasies, die skryf en herskryf van konsep-leergidse, die reël van massa-konferensies, ad infinitum.

Twee, die geleentheidskoste, naamlik die dinge wat ons in die afgelope 12 jaar kon gedoen het om deurdag en metodies ’n nuwe skoolstelsel op ’n sterk grondslag te vestig.

Dié gulde geleentheid is onherroeplik verby, omdat die geld en die geesdrif doodgewoon tans skaarser as destyds is.

Drie, die motiveringskoste.

Die beginjare van ons demokrasie is deur opwinding en verwagting gekenmerk; die stelsel was gereed en ontvanklik vir verandering.

Onderwysers het besef dat die apartheidskurrikulum vervang moet word, en hulle het hulself op verandering voorberei.

Hoewel onbeholpe, het talle RGO verwelkom as die kuur vir apartheidskennis.

Nou sal hulle ons nie weer so geredelik glo nie. Professionele onderwysers is afgemat, en talle voel hulle is mislei.

Vier, die regskoste.

Een van die mites oor dramatiese kurrikulumveranderings is dat ’n senior woordvoerder, soos ’n minister, bloot ’n aankondiging kan doen en die kurrikulum verdwyn eensklaps.

Die probleem is dat RGO nou gevestig is in die bewussyn van die meeste van ons onderwysers.

Dit sal nog baie jare ’n negatiewe uitwerking hê op wat onderwysers en leerlinge in der waarheid in hul klaskamers doen.

Vyf, die ekonomiese koste. Al hoe minder studente, met of sonder naskoolse opleiding, kon daarin slaag om in die arbeidsmark opgeneem word.

Dit sou insiggewend wees om ’n onderwysekonoom te vra om die ekonomiese koste van RGO te bereken.

Ses, die belangrikste, ingrypende menslike koste. Reeds benadeelde kinders is blootgestel aan ’n kurrikulum wat ’n brose leeromgewing nog slegter gemaak het.

Pleks van die aanleer van die onmisbare vaardighede van lees, skryf en reken, is hulle onderwerp aan deftige konstruksieteorieë wat talle van hulle ongeletterd gehou het.

Die newegevolge hiervan het nie net baie uit die skoolstelsel weggedryf nie, maar ook al hoe swakker studente gelewer aan universiteite, waar hulle moes sukkel om sukses te behaal.

Daar behoort natuurlik ook ’n politieke prys te wees. Koppe behoort te rol. Die slegte nuus is:

Die onaantasbaarheid van ons politieke stelsel bring mee dat nie een van diesulkes aanspreeklik gehou sal word nie.

Nie een van die senior burokrate wat RGO gepromoveer het, het kundigheid gehad in die teorie, ontwerp of inwerkingstelling van die kurrikulum nie.

Hulle was ontplooide kamerade wat ons land meer as 30 jaar teruggesit het met die afdwinging van dié onbesonne kurrikulum.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.