Kersfees ’n tyd van reuke

2010-12-15 21:39

Ek vereenselwig Kersfees met reuke.

Die reuk van vars verf elke Desember asof iemand in die hemel gebied het dat daar geen Kersfees kan wees sonder nóg ’n laag verf op die 25 van vorige jare nie.

Die reuk van linoleum, pas gekoop van K.Y. Ling, wat op die kombuisvloer uitgelê word.

Die reuk van nuwe klere, afgehaal by die bêrekoop-afdeling van Buss & Heiman se klerewinkel in Wynberg.

Die reuk van ’n pas oopgemaakte bottel Amla-koeldrank (Hashim se familie?) uit die kratte wat onder die bed gebêre is.

Die reuk van die goedkoop Kersboom wat ter elfder ure gekoop is (dis die goedkoopste aan die vooraand van Kersfees) by die verkoper naby die Kenilworth-resiesbaan.

Op die dag self was daar die vroegoggend-reuk van oliebolle gedoop in stroop en ingeryg oor die volle 1,5m van die kombuis na die slaapkamer van die knap munisipale huisie.

Daar was die reuk van gebraaide hoender in die Dover-stoof, wat midde-in ’n somer-hittegolf die hele huis verwarm het.

Die beeld van my ma wat my bybly, is waar sy tussen die tafel en stoof beweeg terwyl die sweet op haar voorkop uitslaan.

Die reuk van kaneel oor die warm ryspoeding.

Die reuk van gesnyde waatlemoen, gekoop by Mister Jacob se klein vrugtestalletjie.

Die waatlemoen is versigtig deur Pa gekies volgens ’n beproefde wetenskaplike metode: ligte stampies om die rypheid te bepaal.

Daar was die reuk van liewe oom Alfie, wat probeer het om die getuienis van sy drankasem met die een of ander pepermentlekker te verdoesel.

Hy’t goed geweet as my oorlede ma, sy skoonsuster, op hierdie heilige dag net ’n klankie sou kry, sou sy andermaal met ’n onvoorbereide preek lostrek en haar bedien van die woorde van ’n Bybelse wysgeer aansienlik sterker as oom Tas: “Wyn maak jou ligsinnig, drank laat jou lawaai maak; niemand wat van dronkenskap slinger, is verstandig nie” (Spreuke 20:1).

Daar was die reuk van antie Doris se beroemde hoenderpastei, wat sy elke jaar getrou van Bonteheuwel na Retreat gebring het om die oorlaaide Kerstafel verder te laat kreun.

Oral was die reuk van goedkoop reukweerder, iets genaamd Brutt, aangesien dit indertyd die bekostigbaarste Kersgeskenk was.

Die reuk van flou ­Oros...hoe meer water bygevoeg is, hoe verder kon die voorraad natuurlik gerek word.

Die reuke het verander. Allerlei lugverfrissers verwyder die reuke. Die vleise word verpak in deftige sakkies wat die geure inhou; blykbaar bevorder dit die smaak van die vleis.

Die huise wat ons nou het, is groter, sodat die reuke by die talle vensters uitdryf en in die ope lug in die niet en uit die herinnering verdwyn.

Die reuk van duurder parfuums is met Kerstyd meer subtiel in die huis.

Dis ook nie ’n uitgemaakte saak dat Kersdag tuis deurgebring sal word nie, want meer geld beteken die gesin kan uitgeneem word na een van die talle hotelle wat peperduur middagetes aanbied.

Moeders en vroue beskou dit nie meer as hul onafwendbare plig om hulle op openbare vakansiedae in ’n warm kombuis af te sloof en daarna twee dae lank te moet opruim nie. Maar die hotelle het geen bekende reuke nie.

Dit voel vir my al wat van hierdie kleinood oorgebly het, is die herinnering: Die reuke van ’n tradisionele Kersfees in ’n pas geverfde, oorvol munisipale huisie, en goedkoop laventel en kaneel.

Nou is dinge anders, want ons tel as’t ware die getal mense wat die Kersmaal gaan meemaak.

Die gaste bring nie meer geskenke nie, behalwe vir die kleingoed, want dit sal ’n verleentheid skep vir die familielede wat dit nie kan bekostig nie.

Die Kersboom ruik nie meer na ’n stekelrige denneboom nie, want die familie het ook omgewingsbewus geword.

Dus is die boom nou ’n nagemaakte Kerskegel van Game, kompleet met kleurvolle liggies en netjies opvoubaar om tot volgende Kersfees in ’n kas gebêre te kan word.

Ek vind dit verstommend hoeveel van ons herinnerings aan Kersfees uit ons reuksin ontspring.

Dié herinnerings is nou anders as voorheen, maar nuwes sal altyd gebore word.

En tog is daar iets wat nooit verander nie: Die louter vreugde om saam met geliefdes te wees, en die dankbaarheid vir die lewensveranderende herinnering aan die Een wat in Betlehem gebore is.

Die reuke van die krip moes uniek gewees het.

Geseënde Kersfees, lesers.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.