Hoe ons leer sterk word

2010-08-11 23:08

Verlede week het ek in my kantoor saam met sommige van my universiteitstudente ontbyt geëet.

Dit was die interaksie met studente waarvan elke rektor droom: swart en wit, mans en vroue, eerstejaars en seniors.

Hulle het gelag, mekaar die vatvyf gegee en my deurentyd met uiteenlopende vrae gepeper – vrae van ’n persoonlike, politieke en professionele aard.

Dié hartlike, genotvolle ontbyt was ligjare verwyder van wat later daardie dag sou gebeur toe enkele woedende studente die eerste paar wedstryde van die intervarsity met ons bure van die Noordwes-universiteit ontwrig het.

Die ontbyt het einde se kant toe gestaan toe een van die senior studente, ’n netjiese swart kêrel wat lank in een van ons koshuise gebly het, senuagtig gevra het:

“Professor, hoe oorkom ek my gevoel van woede? Hoe het u u woede gehanteer? Sê my asseblief, kan ek vorentoe beweeg?”

Skielik was dit stil in die vertrek. Ek kon die knop-in-die-keel-gevoel onder die aanwesiges aanvoel.

Dié jong man het moed gehad, en ons was almal onvoorbereid op sy vraag.

Intense woede heers onder sekere groepe swart studente op Suid-Afrikaanse kampusse.

Een van die groot foute wat ons dikwels begaan, is om dit af te maak voordat ons dit probeer verstaan. Tog kan ons, as onderwysleiers, slegs die oorsake van die onbehae uitwis indien ons die woede van swart studente verstaan.

Daar is verskillende soorte woede in die swart studentegemeenskap. Daar is die woede van die township-skollie, die onbeskaafde deugniet wat nooit tot ’n instelling vir hoëre opleiding toegelaat behoort te word nie.

Daar is die woede van die politieke opportunis, die student met partypolitieke konneksies wie se enigste lewensideaal dit is om in die kortste moontlike tyd die sprong van die kampus na die parlement te maak.

Maar daar is ook ’n ander woede wat ons moet verstaan: die woede van die jong man by die rektor se ontbyt.

’n Swart student aan ’n histories wit universiteit (ongeag of dit Wits of die Universiteit van Pretoria is) sal dikwels kla oor heimlike gebare van aggressie of uitsluiting, en soms oor optredes van onverbloemde belediging.

Hy woon koshuisvergaderings by waar die studente net Afrikaans praat, en hy verstaan nie ’n woord nie.

’n Dronk, wit student het hom eenkeer, in die voorportaal van hul koshuis, ’n k***** genoem.

’n Ander sukkel om geld te kry vir ’n taxi wat hom van die township na die kampus kan bring.

Daar is dae dat hy nie iets het om te eet nie.

Hy kyk om hom en sien simbole en seremonies waarmee hy hom nie kan vereenselwig nie.

Sommige dosente maak selfs of hulle hom nie sien wanneer hy in die klas sy hand opsteek nie, of herinner hom herhaaldelik daaraan dat baie min studente sukses behaal in die kursus wat hy volg.

En hy onthou die afstootlikheid van sy inisiasie as eerstejaar.

Bietjie vir bietjie wek hierdie ervarings ’n weersin by so ’n student sodat hy later nie onderskei tussen regstreekse vorme van belediging (soos skeltaal) en sy algemene swaarkry as student nie. Teen die tyd dat hy ’n senior word, is dié student hoogs prikkelbaar.

Vir sulke studente het ek baie tyd, want ek het lank gelede, as ’n voorgraadse student, sommige soortgelyke ervarings gehad.

Ons moet ?ontvanklik wees vir diesulkes se behoeftes; anders kan hulle hulself en andere skade aandoen.

Die ontbytgesprek was bemoedigend.

Ons het gepraat oor hoe ons leer om sterk te word, oor taaiheid, oor die feit dat alle studente swaarkry van verskillende grade deurleef, en dat grootword en sterk word ’n belangrike deel van universiteitopvoeding is.

Ons het gesels oor eienaarskap van die ruimte om elkeen van ons en daaroor dat ’n openbare universiteit nie beskou kan word as die eiendom van die een of ander groep nie, maar van ons almal.

Ons het gepraat oor opbouende maniere waarop slegte gedrag teengewerk kan word.

En ek het daarop gewys dat dit ’n teken van volwassenheid is wanneer ons die belediger en die misbruiker sien as die slagoffer, die een wat hulp nodig het, eerder as om hom toe te laat om te bepaal hoe ons oor onsself voel en hoe ons onsself beskou.

Met hul vertrek, en ’n druk vir elke student toe hulle by die deur uitstap, het ek baie glimlagte gesien.

Maar dié op die gesig van die eens woedende student was onskatbaar.

  • Prof. Jansen is rektor van die Universiteit van die Vrystaat.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.