Jonathan Jansen

Ek bring vir jou my kind...

2011-12-13 21:23

“ONDERWYSER, ek bring vir jou my kind.”

Met hierdie eenvoudige dog roerende woorde sal tienduisende ouers aanstaande maand hul kind voor die deur van ’n gr.1-klaskamer afsien en hom of haar die eerste keer aan die sorg van ’n onderwyser toevertrou.

Die mens wat hierdie kosbare woorde van opeenvolgende generasies ouers in herinnering bring, is Joe Slingers, ’n veteraan-onderwyser en skoolhoof.

Hy word vereer op Uitenhage, ’n klein dorp waarvan die ekonomiese voortbestaan byna uitsluitend van die Volkswagen-aanleg op sy drempel afhang.

Een van sy mees vooraanstaande studente uit die Hoërskool Uitenhage, Ghauderen Coetzee, het ’n pragtige lofgedig ter ere van Slingers geskryf.

Dit is opgeneem in die nuwe boek Great South African ­Teachers.

Ek luister aandagtig na die goed bewoorde toespraak van die veteraan-onderwyser.

Met apologie aan dienende onderwysers: Ek hoor nie meer sulke belesenheid, balans, emosie, gedissiplineerdheid, sorg en welsprekendheid in die stemme van onderwysers nie.

Sy beheerste ontleding van wat ouers van die ontvangende gr.1-onderwyser verwag, vervul ’n mens met besorgdheid namate jy begrip kry vir die ontsaglike verantwoordelikheid wat oorgedra word in die woorde: “Ek bring vir jou my kind.”

Met die oorhandiging van hul kind aan die onderwyser ervaar die ouers verskillende emosies. Die ma wat haar kind oorhandig, verwag nie dat die kind sal misluk nie. Sy kan haar ook nie voorstel dat haar kind in die komende 12 jaar, of meer, van formele skoolopleiding op die skoolterrein of in die klaskamer seergemaak, misbruik of verneder word nie.

Sy veronderstel dat haar kind dieselfde sorg, liefde en toewyding as dié wat sy as moeder koester, sal ervaar.

Tog weet sy in haar hart dat die oorhandiging risiko’s inhou en dat, afhangend van die skool, die kans skraal kan wees dat haar kind gr.12 gaan bereik, en nog skraler dat die kind haar finale jaar ongedeerd sal bereik.

En so hoop ’n mens dat die kind nie te erg afgeknou sal word nie, dat endemiese stakings deur vakbonde nie die kind se vordering sal kortwiek nie, dat die meisie wellustige manlike onderwysers gespaar sal bly, en dat die kind raakgesien sal word wanneer sy in ’n oorvol klas haar hand opsteek.

“Ek bring vir jou my kind.”

Dié oomblik van oorhandiging is vir enige ouer verskriklik. Ek het dit twee keer gedoen.

Terwyl jou kind hand aan hand saam met die onderwyser wegstap, kyk hy of sy na jou terug. Tensy jy ’n hart van klip het, vloei die trane dan.

Jy hoop maar net dat die ses jaar van sorg en koestering onder jou voogdyskap jou kind die volgende 12 jaar taai sal maak vir die moeilike omgewing, genaamd skool. En jy wens ten diepste dat die nuwe volwassene wat in loco parentis sal optree, jou kind met dieselfde toewyding as jy sal liefhê, versorg en onderrig.

Terwyl ek na die onderwyser Joe Slingers se passie en oortuigingskrag luister, hoor ek die stemme van ander meester-onderwysers: Nat Bongo, H.H. Dlamenze, Ernie Steenveld, Winkie Direko, Harold Samuel, T.W. Kambule en talle ander.

Strydrosse soos hulle is deesdae skaars.

“Onderwyser, ek bring vir jou my kind.”

Waarop die ontvangende onderwyser – in die onvergeetlike woord van Joe Slingers – sê: “Sannie, kom saam met my. Ek is jou onderwyser.”

En met daardie woorde van liefde en gesag begin vir die kleintjie ’n nuwe lewensreis

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.