Diepe liefde vir ons land

2011-01-25 21:35

Wat het ’n Boerseun van Tamboerskloof, ’n Franse vrou van Toulouse en ’n jong man van Manenberg gemeen?

’n Diepe liefde vir hierdie land en ’n vasberadenheid om voet te slaan vir vrede.

Ek het Johannes Loubser verlede jaar op Versoeningsdag ontmoet nadat ’n roerende seremonie in Kaapstad in die St. George-katedraal gehou is en in die Kompanjiestuin-sinagoge en daarna in die Langstraatse moskee voortgesit is.

’n Moslem- vroulike student van die Universiteit van Kaapstad het in die katedraal oor versoening gepraat. Ek het in die sinagoge gepraat en Dennis Davis (van die Joodse geloof), aanbieder van die televisiereeks You Be the ­Judge, in die moskee.

Op die katedraaltrap is aangekondig dat Johannes voornemens is om kaalvoet van Kaapstad na Johannesburg te stap om die gemeenskap bewus te maak van die noodsaak vir eenheid en vrede in ons land, en om geld in te samel vir sy liefdadigheidsorganisasies wat hulle hiervoor beywer.

Nie lank daarna nie het ek hom êrens in die omgewing van De Doorns teëgekom, moeg en uitgeput van die stap noordwaarts op ’n bloedig warm dag.

“Hoekom kaalvoet?” het ek hom die afgelope naweek gevra kort ná sy aankoms in Bloemfontein.

“Dit is ’n teken van toewyding aan die saak en ons land. Dis nederigheid vergestalt.”

Ek sluk swaar aan Mugg & Bean se wors, skaam omdat ek so dikwels oor vrede en versoening praat, terwyl hier ’n man is wat met sy lewenswyse daagliks opofferings maak.

Sy makkers is ewe indrukwekkend.

Die Franse vrou, wat met skoene stap, is eweneens toegewy aan die saak van internasionale vrede.

Die man van Manenberg ry vooruit om plek-plek langs die pad hul tente op te slaan, waarna hy terughardloop om hom by die stappers aan te sluit.

Sy ma is ’n alkoholis wat as bergie op die strate van Soutrivier swerf en sy biologiese pa was in die tronk.

“Daar is iets diepers in ons waarna ons moet streef,” berispe hy my saggies toe ek hulle na hul basiese behoeftes, soos werk, geld en gesin, vra.

Al drie het regsgrade, maar hulle het met dié opoffering vir die land daarvan afgesien om welvarende prokureurs te word.

Johannes se geld het opgeraak; en hoewel sy vrou ondersteunend was, is daar spanning in hul huishouding.

Sy bekommer haar oor die huis, kos en kinders, selfs al het sy begrip vir die groter saak waaraan haar man hom toegewy het.

“Wat het julle op hierdie staptog van Suid-Afrika geleer,” vra ek. Hulle vertel hoe gewone mense hul huise vir hulle oopgemaak en hulle kos gegee het toe hulle langs die pad gevra het of hulle op die gras buite die huis kan tent opslaan.

Hulle vertel van ’n arm plaasarbeider op Touwsrivier wat in sy leë beursie rondgekrap het op soek na geld om vir die kaalvoetstapper te gee.

“Ons het ubuntu gesien oral waar ons gegaan het.”

Hulle vertel van eienaars van gastehuise in die Karoo wat goedskiks vir hulle slaapplek aangebied het.

Hulle is terdeë bewus van die ander drama in die Karoo waarin twee Franse burgers dood is in ’n skietgeveg met die polisie nadat ’n polisieman deur die twee doodgeskiet is.

Die warm, byna smeltende teer van die N1 braai en vreet Johannes se voete.

Hy moet voor en ná ’n dag se stap spesiaal behandel word.

Deurentyd bestaan die gevaar dat ’n roekelose motorryer hom sal raak ry.

En hy en sy makkers kan maklik aangeval word in die ooptes waar van veiligheid geen sprake is nie. Maar hulle bly vasberade om te stap vir vrede in Suid-Afrika.

“Wat doen julle al daardie ure wat julle alleen op die pad is?” wil ek weet. Hulle is diep geestelike mense. Johannes bid die meeste van die tyd en fokus op sy doelwit. “As jy nie gefokus bly nie, gaan jy seerkry,” verduidelik hy.

Die Boerseun en die Franse vrou praat ure lank, maar soms val een ’n bietjie terug sodat hulle alleen kan wees.

Dan die skok: Hulle vas dikwels vir twee dae of meer tydens hulle staptog. “Ek hoop darem julle drink water,” sê ek onnodig.

Ná ons ontbyt is hulle reg vir die pad Johannesburg toe. Hulle lyk glad nie moeg nie; elk se gelaat straal van die vervulling van ’n betekenisvolle lewe.

Wie tot Johannes Loubser se Vre­des­tog wil bydra, kan “SMILE” teen R15 na 39005 SMS. Meer inligting is by www.peacewalk.co.za verkrygbaar.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.