Vasberade leierskap

2010-06-28 20:24

Jonathan Jansen

Ek trek elke negatiewe uitlating terug wat ek in die verlede oor die departement van binnelandse ­sake gemaak het. Net soos baie kommentators het ek gedink dit is die één staatsdepartement, naas onderwys en gesondheid, wat nooit verander sal kan word nie.

Die lelike grys geboue, die somber burokrate, die lang rye, die eindelose papierwerk, die onhoflike amptenare, die lang wag vir die uitreiking van dokumente, die korrupte personeel wat meermale vasgetrek word weens die verkoop van enigiets van geboortesertifikate tot identiteitsdokumente, en die nimmereindigende stroom konsultante wat binnelandse sake probeer regruk – dit het alles gedui op ’n organisasiekultuur wat al so lank wanfunksioneel en van korrupsie deurtrek is dat niks hierdie toedrag van sake sou kon verander nie.

Gedagtig hieraan het ek teensinnig afgesit na binnelandse sake in Bloemfontein, en die dag verlof geneem omdat dit is hoe lank dit sou duur om ’n noodpaspoort te kry.

Volgens die internet-inligting was dit duidelik daar is ’n wagtydperk van ’n week vir dié soort paspoort. Die streekkantoor is op die grens van ’n groot township, ver van die stadsentrum en van die voorstede waarvandaan diegene wat per vliegtuig reis, gewoonlik kom. My rasse-radar het die gedagte laat opkom dat die een of ander politikus ’n punt wou maak – gee blankes en die swart middelklas ’n gedwonge toer deur ’n township. Dit sal ek natuurlik nooit hardop sê nie.

Die eerste skok vir my gestel was dat die streekkantoor van binnelandse sake soggens al om 07:00 open en tot laatmiddag oop bly. Dit kan nie waar wees nie, het ek gedink.

Suid-Afrikaners sleep hulself maar laterig werk toe, en ek het in Pretoria selde gesien dat binnelandse sake so vroeg al begin werk. Ek het ook dikwels agtergekom openingstye beteken nie noodwendig amptenare is by hul lessenaars nie. Met die lees van die kantoorure by die voordeur het ek verwag om leë stoele te sien.

Toe ervaar ek die tweede skok: Elke lessenaar, van veiligheid tot fotografiese dienste en van vingerafdrukke tot paspoortaansoeke, is sowaar deur ’n mens beman. Die derde skok was dat almal geglimlag het. Almal het my gegroet. ’n Jong vrou het aanwysings gegee en my na die regte ry begelei. Maar daar was geen ry nie. Mense het vinnig en doelgerig beweeg.

Dit moet ’n slenter wees, het ek gedink. Die man agter my toonbank was besonder gaaf. Hy het praatjies gemaak oor die Wêreldbeker-sokkertoernooi en uitgevra na die welstand van my gesin. Ek was onkant betrap en sprakeloos – ’n seldsame verskynsel vir ’n opvoeder met ’n A-tipe persoonlikheid.

Papierwerk? Daar was niks. Die vriendelike man het sy duim op die jongste tegnologiese toestel op sy lessenaar geplaas en my lewensgeskiedenis het op die rekenaarskerm verskyn. Hier was die jongste tegnologie in ’n helderkleurige nuwe gebou, en oral glimlaggende gesigte.

Nou kom ons by die eintlike turksvy, het ek gedink. Ek het die vriendelike kêrel meegedeel dat ons tot die laaste minuut uitgestel het, en dat sewe dae net ’n bietjie te lank was om vir die noodpaspoort te wag. Enige moontlikheid hoegenaamd dat die wagtyd net ses dae kan wees? Hy het vrolik opgekyk. “Ek kan heelwat beter doen as dit, net vir u, Meneer.”

Ek het my koudingetjie amper ingesluk. “Hè?”

Hy het iets in sy hipermoderne rekenaar ingetik, na my gekyk, en gevra: “Wat van môre-oggend?”

My knieë het lam geword. Ek veronderstel dis wat gebeur as ’n mens hoor jy het pas ’n miljoen rand gewen. Binne minder as tien minute was ek by binnelandse sake in en uit. Die volgende oggend was die paspoort beskikbaar.

Iets is aan die gebeur in ons land. Ons het begin om dinge te laat werk. As ons binnelandse sake kan verander, kan ons ons skole verander sodat elke kind ’n bekwame onderwyser het, en ons klinieke sodat elkeen ’n toegewyde geneesheer het. Binnelandse sake, net soos die Suid-Afrikaanse Inkomstediens voor hom, is ’n voorbeeld van wat bereik kan word met ’n politieke wil en vasberade leierskap. Ons wys dat ons nie net op ’n wêreldverhoog soos die Wêreldbeker-toernooi kan presteer nie, maar ook op plaaslike owerheidsvlakke in landelike provinsies.

Ek haal my hoed af vir binnelandse sake en sy nuwe minister, dr. Nkosazana Zuma.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
31 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.