As Cosas-groep hul sin kry

2010-09-23 00:45

Cosas-Leerlinge eis 25% van die punte in die voorbereidende eksamen (die sogenaamde prelim) selfs nog voordat hulle die eksamen afgelê het.

Hoekom net 25%? Gee hulle 50%. Dan slaag hulle hul vakke nog voor die seniorsertifikaat-eksamen. Dit sal vir ons almal goed wees. Ons hoef nie langer bang te wees vir brandende buitebande in die strate of dat leerlinge van hul klaskamers weggesleep word nie. Oplaas vrede en stabiliteit.

Ons behoort nog meer te doen. Hoekom die Cosas-leerlinge (proes, léér hulle?) dwing om die eindeksamen af te lê? Dit is immers volwassenes wat hulle deurmekaargemaak het – onderwysers wat net voor die eindeksamen byna ’n maand lank geweier het om te onderrig, wat aan die staatsdiensstaking deelgeneem het om ’n hoër salaris en staatstoelae vir behuising af te dwing. Hoekom moet kinders die spit afbyt vir volwassenes se roekeloosheid?

En ’n mens kan nie die Cosas-leerlinge (proes) blameer vir brandstigting, plundery en die opeis van die onmoontlike nie. Hulle het bloot die voorbeeld gevolg van die volwassenes wat ’n week of twee tevore dieselfde gedoen het. Die hele ding is onregverdig. Moenie die leerlinge met rubberkoeëls skiet nie. Moenie hulle in hegtenis neem nie.

Gee hulle die vryheid om die hel in die townships te laat losbars. En hoekom moet die Cosas-leerlinge (nog ’n proes) ly terwyl ander kinders, die wittes en die middelklasse, nie ly nie? As één ly, moet almal ly. As één seerkry, is dit almal se seerkry. Versprei die ellende gelykop, sê ek.

Hoekom die Cosas-leerlinge onder die druk van die finale seniorsertifikaat-eksamen plaas? Hulle (eintlik hul ouers) het onder apartheid gely. Dis nie hul skuld dat township-skole steeds so gehawend lyk, dat biblioteke afgebrand is, dat boeke arriveer en verdwyn nie. Dit is aan apartheid te wyte. Dit is swart mense wat ly en langer as drie eeue gely het. Laat hulle almal slaag. Gee hulle almal ’n sertifikaat wat Cosas-leerlinge (proes) toelaat tot ’n universiteit van hul keuse. Hulle is die enigste leerlinge wat ons het.

Universiteite is onredelik. Die regering moet hulle strenger beheer en hulle tem. Wie dink hulle is hulle, hierdie elitistiese vestings van blanke bevoorregting? Na die duiwel met hulle! Maak die sluise oop! Die Vryheidsmanifes is duidelik: “Die deure van onderrig en kultuur sal oopgemaak word.” Niemand het iets oor standaarde gerep nie; dis ’n blanke woord ter uitsluiting.

Versprei die ellende. Laat die Universiteit van Kaapstad wees soos die Walter Sisulu-universiteit van Tegnologie. Studente moet kan kies na watter een hulle wil gaan, ongeag of hulle enige graad 12-uitslae het. Skaf toelatingstoetse af. Hierdie nasionale normtoetse is net nog ’n manier om swartes uit te sluit. Die mense aan universiteite is slim: Aangesien die graad12-eksamens nie alle swart mense kan weghou nie, het hulle nog ’n hindernis ontwerp.

Die enigste manier om die onreg van die verlede te herstel, is om toelating sonder eksamens te bied. En as die Cosas-studente (proes, proes) eers op universiteit is, moet hulle nie met onderriggelde belas nie. Waar moet hulle die geld kry? Gratis onderrig! Dis die enigste manier waarop universiteite vir die werkersklasse ’n werklikheid kan wees.

En moet asseblief nie die Cosas-leerlinge (proes) met universiteitseksamens pla nie. Dít is ’n instrument van die verdrukkersklasse. En wat jy ook al doen, moenie hierdie leerlinge verplig om klasse by te woon nie; dit is, op stuk van sake, ’n universiteit. Jy is oud genoeg om te besluit of jy gaan laat slaap of klas bywoon. Daar moet geen reëls wees nie, slegs voorstelle. Laat die kinders vry wees!

Hier moet die minister van hoër onderwys en opleiding onversetlik wees, sê ek. As ’n universiteit hom verset, weerhou sy subsidie. Berispe sy rektor. Blameer sy senate. Kapittel sy rade. Hulle is net rassisties.

Laat alle Cosas-leerlinge (proes) gradueer sonder om klasse by te woon of eksamens af te lê. Dokters, ingenieurs, vlieëniers, regsgeleerdes, verpleegsters, almal. Só kan ons in ’n japtrap die speelveld (proes, studieveld) gelyk maak. Gee hulle die myne, sodat dié eiendomme teruggaan na die mense wat die grond besit. Vat wittes se plase en gee dit vir Cosas-leerlinge; herverdeling duur hopeloos te lank. As die be-gunstigdes van swart ekonomiese bemagtiging in ’n kits ryk kan word sonder om te werk, hoekom moet Cosas-leerlinge (sluk) werk? Dis onregverdig.

Natuurlik sal die ekonomie in duie stort. Vliegtuie sal neerstort. Pasiënte sal sterf. Diere sal op plase vergaan. Landsburgers sal emigreer. Beleggers sal hulle onttrek. Mense sal gejag word. Priesters sal bid. Maar wie gee om? Saam kan ons méér vermag.)Prof. Jansen is rektor van die Universiteit van die Vrystaat.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.