Joe Venter

Belangrike jaar vir SA rugby

2012-02-10 22:00

Joe Venter

GOEIEMÔRE uit Bloemfontein waar die boere juig oor die reën wat die afgelope week geval het – en nog val – en waar een van die belangrikste jare in die geskiedenis van Vrystaatse rugby al hoe nader kom. ’n Waterskeiding.

Oor ’n paar weke moet die Suid-Afrikaanse rugbybase (en die regering en al die mense wat daarby betrokke is) besluit of die Oos- en Suid-Kaapse rugbyspanne aanstaande seisoen in die Superreeks gaan speel en wie vervang gaan word. Die rugbybase en die regering stem vir die Oos-Kaap. Dit weet ons.

Die drie Sanzar-bondgenote, Suid-Afrika, Nieu-Seeland en Australië, kan natuurlik besluit om dit ’n Super16 te maak, maar ons weet mos nou al die spanne aan weerskante van die Tasmansee sal nie juis uit hul pad gaan om dit vir die Suid-Afrikaners makliker te maak nie. Maar daar is hoop.

Die groot vraag is wat die voorlegging van die kusspanne sal behels en wat die Vrystaat, Griekwas en Noord-Vrystaat se troewe gaan wees.

As dit streng oor kragrugby gaan, bestaan geen twyfel oor wie die beste is nie. Dit het ons die afgelope paar jaar al gesien. Die Kings kan eenvoudig nie daarop aanspraak maak dat hy ’n krag soos die middel-provinsies sal wees nie.

Almal kan nog onthou hoe die Kings verlede jaar in die eindstryd van die sogenaamde B-liga deur die Boland verflenter is.

Maar wanneer die rugbybase vergader, gaan die Kings met ’n ander aanvalsplan kom. Hulle sal vir die wêreld vertel dat hul vernaamste taak is om die spel in hul streek te bevorder en meer spelers die kans wil gun om rugby te speel.

Soos oudstaatspresident Thabo Mbeki gesê het: Wen is nie die belagrikste nie, maar dat spelers die kans gegun moet word. Amper soos baron Pierre de Coubertin meer as ’n eeu gelede.

Die Oos-Kaap sê hy het meer spelers as enige ander streek – tot 80 spanne speel elke naweek die spel. Dat die jong manne die geleentheid kry om as spelers te ontwikkel.

Hierteenoor kwyn klubrugby in die Vrystaat, maar dit gaan taamlik goed in die Noord- en Oos-Vrystaat en in Griekwaland-Wes. Maar nie goed genoeg nie.

Die Vrystaat het twee van die sterkste spanne in die Varsity-reekse. Hul eweknieë van die Oos-Kaap sukkel erg.

Die groot vraag wat die Oos-Kaapse bieërs moet beantwoord, is: As julle dan so ’n magdom spelers het en as julle dan so goed na die ouens kyk, waarom moet meer as die helfte van die spelers wat in die provinsiale span speel, ingevoer word? Teel julle net getalle of gehalte?

Dit is ’n taai een wat die rugbybase moet probeer oplos. En wat gebeur as die hofsake en dreigemente van hofsake daar van die Koeldrankblik af dalk veroorsaak dat die Leeus aan’t sukkel raak? En: Sal dit nie makliker wees as hulle en die Bulle een streekspan word nie? Verbeel ek my of hoor ek ’n helse lawaai uit die Leeukamp en van Loftusburg af...

As die rugbybase eerlik wil wees, sal hulle vir die Oos-Kaapse span sê julle moet nog ’n bietjie harder werk, ’n krag word. Dan kan julle teen die grotes speel.

Snaaks hoe verskillend mense na wedstryde kyk.

Verlede Maandag kyk ons op die prentjie-radio, soos ’n gewese kollega Gerhard Burger altoos gesê het, hoe die Shimlas die Ikeys vernietig. Maar as jy jou oë toegemaak en net na die omroeper geluister het, sou jy gesweer het die Vrystaters kry ’n helse pak slae. Eers hier teen die einde, toe die Ikeys nie meer kon wen nie, is melding gemaak van onse mense.

Dit was goeie oorwinnings vir die Vrystaat se studentespanne en nog iets waaraan Jurie Roux en sy mense en die sportminister sal herkou wanneer hulle oor die Superreeks moet beslis.

Cheetahs, nou moet julle ook soos die studente maak.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.