Goeiemôre

Jy sit voor jou rekenaar en klik op Twitter...

2012-01-31 22:01

Dana Snyman

DIS 25 Januarie 10:54. Jy gaan sit voor jou rekenaar en klik op die blokkie wat sê Twitter.

’n Paar oomblikke later is die rekenaar se skerm vol foto’tjies van bekende mense: Bryan Habana, Kurt Darren, Barack Obama – en Willem Botha, wat in 2006 tweede in Idols was.

Jy het Willem Botha nog nooit hoor sing nie, maar dit is nie regtig belangrik nie. Botha is ’n celebrity. Sy foto is dikwels in die koerant. Nou is hy ook hier op Twitter, waar hy reeds 2345 volgelinge het – 2345 volgelinge, plus jy self.

Jy klik op sy gesiggie en begin lees van die tweets – brokkies inligting – wat hy belangrik genoeg ag om te deel: Op 6 Januarie was daar slegte nuus: “Het my kop flippen hard gekap op die super tube in Hartenbos. Nou sit ek met ’n opgeswelde voorkop.” Maar op 8 Januarie is daar darem goeie nuus: “Ons kat op die plaas het babatjies gekry. Flippen oulik!”

En op 16 Januarie: “Ek is al so lank lus vir soesji. Gaan dit nou eet soos ’n dinosourus.” Jy verstar voor jou rekenaar: Weet die paleontoloë hiervan?

Jy klik op Bryan Habana.Hy skryf in tienertaal. “Wow, what a wacky wednes­day!!” laat weet hy sy 78423 volgelinge. “Coupla chores. Now sittng in traffic!!” In jou verbeelding sien jy 78 423 mense hul kop skud terwyl hulle dink: Ai, ou Bryan sit in die verkeer, foeitog.

Jy klik op Victor Matfield: Hy hou meer van Las Vegas as van New York en hy het Sondagoggend voor kerk 70 km met ’n fiets gery. Jy klik op Kurt Darren. Kurt is in Oostenryk, maar op 22 Februarie tree hy in die Lighuis-kerk in Welkom op. Jy klik op Ernie Els en ontdek Ernie is ’n aanhanger van Seneca, die Romeinse, stoïsynse filosoof en dramaturg wat in 65 n.C. dood is. Of, wel, hy het ’n aanhaling van Seneca getwiet: “It is a rough road that leads to the heights of greatness.” Sit Ernie dalk iewers op ’n stil plek ná ’n ronde gholf en verdiep hom in die werke van Seneca, dalk selfs in Latyn? Jy klik op Gareth Cliff se babagesiggie. Cliff het glo die meeste Twitter-volgelinge in die land: 226922. “Payday is coming. Are you relieved? January can be a bitch.” Iewers hoor jy 226 922 mense juig.

Een ná die ander klik jy op die gesigte – die bekendstes in die land: Chris Chameleon, Evita Bezuidenhout, Helen Zille... Later skakel jy weer jou rekenaar af. Dis steeds 25 Januarie 2012. Dis nou 12:14.Die nasie vra brood, dink jy, en al wat ons kry, is klippe.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.