.Com Saam

Dís hoe ’n mens geld maak

2012-02-03 21:55

MJ Lourens

FACEBOOK het Woensdag sy papierwerk ingedien om voorlopig op die aandelebeurs te noteer en is nou op soek na $5miljard in beleggers.

Sou Facebook egter besluit om dié netwerk te verkoop sal die prys daarvoor $100miljard wees, wat my laat wonder: Wat is minder werd as Facebook?

Mashable het ’n lys saamgestel van tien groot goed wat minder as Facebook werd is.

Die ekonomie van Qatar. Die BBP (bruto binnelandse produk) van dié land is sowat $98miljard.

Sowat 6,3 maande se kitskos van Amerika. Amerikaners bestee meer as $15miljard per maand aan kitskos.

Behandeling teen borskanker vir ses jaar. Dié behandeling kos Amerika $16,5miljard per jaar. Maal dié getal met ses en jy kom by $99miljard uit.

Sowat 120 Eiffeltorings. Om vandag die Eiffeltoring te laat bou, sal sowat $480miljoen vir konstruksie en $350miljoen vir die eiendom kos. As jy 12 torings só bou, is die totaal $99,6 miljard.

Brasilië se toerismebegroting van 2011. Dié land het sowat 129,6miljard Brasiliaanse reals aan toerisme toegewei, wat in dollar sowat 74,2miljard is.

Wêreld se koffie-ekonomie. Die koffiebedryf wêreldwyd word op $100miljard geskat.

Twee en ’n halwe Olimpiese Spele. Die koste vir die Olimpiese Spele in Beijing het ongeveer $40miljard beloop. Dus kan jy twee en ’n halwe Olimpiese Spele met $100miljard reël.

Skoonmaak ná Katrina. Dit het $81miljard gekos om dié orkaan se verwoesting op te ruim. Die 1995-aardbewing by Kobe in Japan het $100miljard aan opruiming gekos.

Golf-oorlog. Teen $96miljard is die Golf-oorlog steeds goedkoper as Facebook.

50 Duikbote. Teen $2miljard per duikboot wat die Amerikaanse vloot aankoop, kan jy 50 van dié aanskaf.

Sou Facebook dit regkry om die verwagte $5miljard in kapitaal te kry, sal hy op die kortlys wees van een van die grootste tegnologie-maatskappye van alle tye wat op die aandelebeurs genoteer het.

Facebook het nou 845miljoen aktiewe gebruikers, meer as die 800miljoen wat in September geskat is. In die dokument wat by die Securities and Exchange Commission (SEC) van Amerika ingehandig is, wys Facebook ook daarop dat 250miljoen foto’s per dag opgelaai word en dat 2,7miljard likes en comments per dag gemaak word.

In geheel is Facebook verantwoordelik vir meer as 100miljard vriendskappe.

Verhandeling van dié netwerk se aandele behoort in Mei te begin wanneer die maatskappy se aandele op die mark behoort te wees.

Wonder jy hoe maak die maatskappy geld?

In die geldjaar 2011 het die netwerk sowat $3,71miljard inkomste gemaak, “grootliks uit advertensies”. Maar dit was darem nie net advertering wat bygedra het tot hul inkomste nie. Zynga, bekend vir speletjies op Facebook, het $500miljoen tot die miljarde bygedra.

Wat Facebook sedert 2004 vermag het, is iets wat ek sukkel om te begryp.

Soms dink ek Mark Zuckerburg het self nog nie besef dat hy die jackpot geslaan het nie. VBron: Mashable

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.