Charles Smith

Lag bietjie saam vir al ons skurke en narre

2012-02-22 22:28

SO, koning Eisj dans nie graag op Kurt Darren se song Dankie, Jan nie.

Ons Vrystaatse chief reken ou Jan van Riebeeck was die grootste skurk ooit in hierdie land van skurke en narre.

Mag so wees. Dalk was hy en sy vrind Herrie die Strandloper ons eerste tenderpreneurs. Dié broers was wat elkeen van ons is – ekonomiese kansvatters.

Die hele parlement kon gister Dankie, Jan sing ná ons eerste begroting groter as R1triljoen. Daardie glasies Kaapse wyn wat hulle so graag skink, is danksy oom Jan wat wynbou kort ná sy aankoms hier begin het.

Oom Jan het groentetuine begin en boorde aangelê terwyl Herrie die tender gekry het om vleis vir die Kasteel te lewer. Dit was seker net soos vandag se politiek – die vet katte kry die biltong met die lekker dik, geel vet aan, of hoe chief Eisj?

Van die eerste skurke in die Kaap was die eerste bierbrouer, Willem Menssink. Hy sou beslis die Sondagkoerant se voorblad gehaal het met sy liefde vir seks, bier en (skurkagtige) politiek. As getroude man het hy ’n onbeheerbare passie vir slawemeisies gehad.

Die een slawemeisie, Trijntje van Madagaskar, is op 2 Maart 1713 skuldig bevind aan onder meer owerspel met Willem. Sy is aan ’n paal vasgebind, verwurg en haar liggaam is aan ’n padwyser vasgemaak sodat die kraaie haar kon opvreet.

Willem Menssink het skotvry daarvan afgekom. Die Kaapse owerheid wou nie die vloei van bier stop nie.

Jy wil jou omtrent vergryp aan Van Riebeeck en Willem Menssink se produkte as jy sien hoe lank ons die oerleuens geglo het.

Verban my uit die land as daar bevind is ek én 90% van my mede-Afrikaners het nie Maleisiese of Khoi-bloed in ons are nie. Ons is ingewurm in dié land, as julle my beeldspraak lyf sal gee.

Nou wil Pieter en die Zoeloe mekaar weer gryp oor grond. Lees bietjie oor Piet Retief. Hy was ’n kansvatter. Vandag sou hy ’n piramiedeskema bedryf het. Dingaan was ’n groot skurk. Hy het selfs met ’n vrouerok paradeer.

Komaan, lag bietjie vir onsself. Kyk hoe wil haar eksellensie Tina Joemat-Pettersson boer met volstruisvere en Jimmy Choo-stewels. Aitsa!

Ons gaan ons nog doodlag. So waar as vet.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.