Charles Smith

Hóé vermy ons dié nagmerrie?

2012-02-01 23:01

“Julle ou soort wittes raak nou min hier in Afrika...”

Ek raak koud toe ek dié woorde van Fabianus, oud-Angolese soldaat, aan Karel Fechter, soldaat, natuurbewaarder en Afrikaner in murg en been, in Piet van Rooyen se briljante roman Etosha lees.

Dit is ná middernag. Muskiete pla en dit reën buite. Ek kan die boek nie neersit nie en kry weer daardie Bos-gevoel in die ou Suidwes. Dis nou Namibië.

Skielik spook baie dinge by my: Nóg ’n wit boer is vermoor. Hy is aan ’n boom vasgebind met ’n skoot tussen die oë. By Eugène TerreBlanche se moordverhoor sing die AWB’s vir die swartes Bobbejaan klim die berg en die swartes sing Uwulethu umshini wami vir die ‘Boere”.

Fechter, eens baas van Etosha, is nou Fabianus, sy oud-troep in die Bosoorlog en hoof van sy teenstroopeenheid in Etosha, se handlanger. Hulle is uitgeskop deur die nuwe elite. Afrika het ’n ander land geword.

Fechter, oud-soldaat, is nou Fabianus se korporaal in die bos. Hy is nou ’n terroris en beplan ’n sluipmoord op Namibië se president.

Etosha. Wit hemel. Toersiteparadys. Ek was nooit daar nie; soms het van ons (wit) soldate oor sy grens gesluip en onwettig gejag. In die roman laat die president die park se olifante uitskiet – in ons tyd het ministers die helikopters uit die lug in die bos geskiet.

’n Beeld tref my soos ’n skoot in die bors: Die takbok wat met groteske horings die vorige naweek op ons plaas in die Vrystaat in die soeklig opduik. Ek bewonder snags die wild wat terugkeer in die veld: Bokke, krimpvarkies, erdvarke, uile, jakkalse.

Maar ’n takbok?

Ek wonder: Is dit hoe ons met die wit velle in die soeklig in die Afrika-nag lyk as dit skielik in ons oë skyn? Só Europees, só misplaas?

Etosha skets die apokalips van ons wit droom: Eertydse terroriste is parkbaas en slag die diere; ’n parkbaase sonder liefde vir swart mense word terroris en die sê ‘‘baas’’ vir sy swart troep.

Daar móét iets wees om die nagmerrie in ons koppe te vermy.

Dalk met ’n liefdesverklaring: Vir Afrika, al sy mense en sy diere.

En kom ons draai terroris teen ál die stropers.

- Volksblad

binne volksblad

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.