Afval, skaapkop vir die winter

2010-06-10 04:01

Feel it, it is jeeere!

Wat? Nee man, nie die Wêreldbekersokker nie. Die winter! Die winter is hier!

Ek is amper meer opgewonde oor die winter as oor die sokker.

Ons kon die naweek ’n matras voor die kaggel op Zeekoegat gooi en almal onder ’n dik laag komberse inkruip.

Daar is niks so lekker nie as om in ’n wintersaand uit te loop onder die Afrika-hemel en te voel hoe die koue stilte aan jou jas kom klou.

Dit is so stil in die Vrystaat in só ’n yskoue nag dat jy omtrent kan hoor hoe die ryp op die blare en gras val en die voëls se vere ritsel as hulle genoeglik teen mekaar aanskuif.

Op só aand gooi jy ’n slukkie warm slangspoeg in ’n blikbeker en ’n springbokrugfillet op die kole. Dan sê jy dankie dat jy in Afrika kan bly. ’n Stuk hert op ’n gasbraaier in ’n besoedelde hoekie van wieweetwaar kan net nie dieselfde wees nie.

Wintertyd is ook boerekostyd. Kookkos. Vleiskos vol van die geur van Karoobossies en rooigras. ’n Pot sop waaraan die uitgebreide gesin en die honde en katte vir ’n week kan weglê.

Ai-jai-ja, mense. Só ’n boerekosfees lê Saterdag op Smithfield voor die deur. Die afvalle stowe al en die skaapkoppe wag. Daar’s manne en hul boerboele wat al saam op die stoep sit en tjank dat die feestelikheid kan begin.

Ek was bevoorreg om ’n voorproe te kon beleef. Ek het by Eddie en Lizette Prinsloo, voorsitter van die Bizhub-Bibberfees, op Heuningkrans gaan inloer. Dit was ’n belewenis.

Lizette het daar ’n skaapkop van Lenie Malherbe van Smithfield bedien wat reguit uit die skaaphemel was. Die kop is gebak, met netvet oorgetrek en wéér gebak.

Die heilsaamheid tuimel sommer in jou bord neer. Die wangvleisies is sappig en geurig, maar die vel steeds krakerig.

Wyl ek soos ’n kraai aan die onderkaak werk en Eddie se vurk soek-soek na die tong, hoor ek by Lizette of sy sweserik ken.

Ek lees dit raak in die uitstekende boek Die geskiedenis van boerekos 1652 – 1806 van H.W. Claassens. ’n Sweserik is die timus- of alvleesklier van diere wat ’n outydse lekkerny was – veral kalwers s’n. Maar boere en boervroue ken dit nie meer nie.

Wag net ’n oomblik, sê Lizette. Ek gee solank die oog uit die afval vir Eddie aan, want ek is meer ’n man vir die velletjies. Kyk, dis ’n dorperkop, sê ek vir Eddie, ’n stoet-merinoteler: Kyk hoe groot is sy harsings! Maar hy byt nie daaraan nie.

Lizette wys vir my in die kookboek Food & Cookery van Sannie Smit en Margaret Fulton wat presies sweserik is. In Engels is dit sweetbread en word as Franse cuisine geag. Maagsoetvleis is die ander Afrikaanse naam daarvoor, hoewel die langwerpige klier in die nek van die kalf is.

Ai, die stedelinge trek da’m vinnig hul neuse op vir lekkerkossies, sê ek as ek met my vurk agter die oog kalwe vir ’n murgerige vleisie.

Kyk nou net die boerekos wat ons voorsate geniet het:

Sweserik is baie saam met tong, beesverhemeltes en sampioene in nagemaakte skilpadpastei gebruik. Waterskilpadsop was op sy eie ’n luuksheid.

Peertjies, lewerwors, pofadder en haksel (suurkos of harslagkos) is niks snaaks nie.

Haksel is slagdagkos sedert Van Riebeeck se tyd. Maar daar is een gereg wat my oë laat rek, seg ek vir Eddie wyl ons die afvaltjie eet dat net die wit beentjies agterbly: Dié gereg is ’n uier van ’n koei wat gestowe is.

Dié ryk dis is al deur die Romeine in die tyd van Christus voorberei en was tot die twintigste eeu ’n bekende gereg op plase, skryf Claassens. Van Riebeeck het self op 24 April 1652 berig oor die seekoei wat hulle geskiet het, dat sy mense so lekker daaraan geeët het omdat die vleis “van goede smaecke was, lopende de melck uijt de uijren”.

Hmmm.

Sleep ’n Yank, Ingilsman, Skot of Turk saam Bibberfees toe.

Laat die uitlanders regte boerekos proe.

Bespreek vir jou ’n skaapkop of ’n “sheepa” met skaapskenkelpastei, ’n skilpadjie, ’n gebakte skaapstert en ’n geurige skep afval op stampmielies.

Proe dit, die Vrystaatse winter is hier!

Drink daarop ’n skaapdroldop en hou die veearts weg.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 22-34°C Sunny. Hot. Pta: 18-29°C A few showers. Morning clouds. Warm.
Jhb: 17-27°C Showery. Partly sunny. Mild. Bloem: 17-28°C Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Morning clouds. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

LAND ROVER

DISCOVERY ES TD5 AT
2003
R 223,500.00

TOYOTA

Fortuner 3.0 D-4D RB Dsl
2006
R 205,899.00

MERCEDES

C180 K Classic AT MY00
2003
R 143,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.