Brandpunt

’n Gesonde etniese paadjie

2012-01-12 21:57

Leopold Scholtz

DIT is interessant om internasionale tendense se ooreenkomste en verskille met Suid-Afrika te belig. Een só ’n neiging is die hardnekkige voortbestaan van etnisiteit, selfs al was dit in ’n stadium mode om etniese gevoelens as agterlik te sien.

Tans beweeg die Britse en Skotse regering in die rigting van ’n konfrontasie oor laasgenoemde se voorneme om ’n referendum oor Skotse afskeiding te hou.

Die agtergrond: Die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Noord-Ierland het ’n unieke staatkundige struktuur. Skotland, Wallis en Noord-Ierland het binnelandse selfbestuur, maar Engeland nie; hy val regstreeks onder die oorkoepelende Britse regering.

Nou wil die Skotse regering van premier Alex Salmond ’n referendum oor Skotse onafhanklikheid organiseer.

Hy wil dit hou in 2014, wanneer die Statebondspele in Skotland plaasvind.

Dit is ook in die 700ste herdenkingsjaar van die Slag van Bannockburn van 24 Junie 1314, toe die Skotte die Engelse verslaan en hul eie onafhanklikheid voorlopig veilig gestel het.

Peilings wys dat slegs sowat ’n derde van die Skotte táns ten gunste van onafhanklikheid is, maar dat dit groei.

Salmond reken teen 2014 kan die emosionele belewenis van Bannockburn – vir die Skotte min of meer die ekwivalent van die Afrikaners se Majuba – en die trots van die Statebondspele die deurslag gee.

Om teenstanders nie af te skrik nie, wil Salmond drie moontlikhede aan die kiesers voorhou: Die status quo, volledige onafhanklikheid, en iets tussenin soos ’n minimale band met die Verenigde Koninkryk.

Die Britse premier, mnr. David Cameron, is ook leier van die Konserwatiewe Party, wat slegs één setel in Skotland het. Die Tories is die erfgename van die Engelse imperialisme en het nie veel begrip vir die strewe van ánder wat iets anders as Engels wil wees nie.

Dus doen Cameron sy bes om Salmond se voornemens met allerlei slenters te ondermyn. Hy sê die referendum moet veel vroeër plaasvind, en daar mag slegs tussen die status quo en totale onafhanklikheid gekies word. Dít in die hoop dat Salmond sal verloor. Nou dreig ’n hofstryd hieroor. Cameron sê net Londen het die mag om referendums uit te skryf; Salmond meen Edinburg mag dit ook doen.

Dit gaan nie hier oor wie reg of verkeerd is nie. Dit moet die Britse howe en die Skotse kiesers self besluit.

Die punt is dat die Skotse nasionale identiteit onder ’n beduidende minderheid Skotte steeds leef, mense wat hulself Skótte voel en nie Engelse of selfs Britte nie. Dis iets wat nie op rasionele vlak benader kan word nie; dis ’n emosionele saak – wat dit polities egter nie minder reëel maak nie.

Op talle plekke in die wêreld, Europa, inkluis, sien ’n mens die hardnekkigheid waarmee sulke gevoelens oorleef en herleef. Die Sowjet-Unie, Joego-Slawië, Tsjeggo-Slowakye, Ethiopië en Soedan is almal state wat daardeur selfs uiteengeval het.

Om dit nou op Suid-Afrika toe te pas: Vir die ANC is iets soos die Afrikaner­nasionalisme, selfs die gematigde, inklusiewe vorm daarvan, totaal uit die bose, gevaarlik en agterlik. Jy kry selfs Afrikaners wat nie Afrikaners wil wees nie.

Natuurlik is daar ’n belangrike verskil met die Skotte. Hulle het ’n afgebakende grondgebied waar hulle ’n meerderheidsbesetting het; die etniese roereier in Suid-Afrika sal nie sonder ’n verwoestende burgeroorlog óntroer kan word nie.

Maar, mits die Afrikaners ekstremisme en rassisme ferm afwys en ras-inklusief is, is daar niks mee verkeerd om vir ’n kulturele en ekonomiese leefruimte in Suid-Afrika te stry nie. Afrikaners het die reg om trotse Afrikaners te wees. )Die skrywer is Media24 se korrespondent in Europa.

- Volksblad

binne volksblad

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 13-24°C Mostly sunny. Mild. PE: 15-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 165,995.00

FORD

Mondeo 3.0i ST220
2004
R 110,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.